On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Polisiekaptein, sersante van Kimberley in hof oor bedrog

───   ZENANDE MPAME 10:07 Sat, 24 Aug 2024

Polisiekaptein, sersante van Kimberley in hof oor bedrog | News Article
Die polisiestasie in Kimberley. Foto: Google Maps

“Die twee offisiere en kaptein is almal op borgtog vrygelaat.”

’n Kaptein en twee hofsersante van Kimberley sal na verwagting Donderdag (29/8) in die plaaslike landdros- en handelsmisdaadhowe verskyn.

Die drie beamptes staan tereg op aanklagte van korrupsie, regsverydeling, diefstal, bedrog en vervalsing.

Die bevelvoerder van Kimberley se afdeling vir voertuigidentifikasie  en -beveiliging (Viss), kapt. Gibson Manong, is ná sy inhegtenisneming op 20 Augustus deur die Kimberley-landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat.  Die aanklagte hou verband met 'n voertuig wat in Desember 2018 wederegtelik uit die polisieskut losgelaat is.

‘Smokkel wapens en dwelms aan aangehoudenes’

Twee polisiebeamptes wat by die Kimberley-landdroshof gestasioneer is, serse. Shawn Everyday en Pule Thipe (albei 43), is op 19 Augustus deur die provinsiale teenkorrupsie-ondersoekeenheid in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie en regsverydeling.

Daar word beweer die twee sersante het smokkelgoedere, insluitend wapens en dwelms, aan verdagtes in die aanhoudingselle verskaf het in ruil vir ’n beloning.

Hulle het borgtog van R1 000 elk ontvang.

‘Bedrog, vervalsing en regsverydeling’

“Ons kan bevestig dat 'n polisiekaptein Dinsdag (20/8) in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, vervalsing en regsverydeling.” sê Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

“Die twee sersante het na bewering geld ontvang van verdagtes in die aanhoudingselle in ruil daarvoor dat hulle smokkelgoedere, insluitend wapens en dwelms, aan hulle verskaf het. Hulle staan tereg op aanklagte wat verband hou met korrupsie, diefstal en regsverydeling. ”

Ondersoeke na albei sake duur voort en die beamptes is almal vrygelaat. Al drie arrestasies is deur lede van die provinsiale teenkorrupsie-ondersoekeenheid uitgevoer.

‘Duisende gevalle van polisieoortredings jaarliks aangemeld’

Statistiek in die polisie se onafhanklike klagtedirektoraat (Opod) se jaarverslag toon dat meer as 5 500 gevalle van kriminele oortredings deur polisielede elke jaar aangemeld word. Van hierdie getalle is meer as 3 500 klagtes oor marteling en aanranding (polisiebrutaliteit) aangemeld.

OFM Nuus/Zenande Mpame cvdw

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.