Central SA
Ma en pa gevonnis weens mishandeling van kinders, dood van baba─── HEIDRÈ MALGAS 10:01 Sun, 25 Feb 2024
![Ma en pa gevonnis weens mishandeling van kinders, dood van baba Ma en pa gevonnis weens mishandeling van kinders, dood van baba | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/643244c2-7f91-4982-8297-d23d9ee31019.jpg?crop=0,87,640,447)
“Sy is toe weer in hegtenis geneem. Die polisie het ook vasgestel dat die drie weke oue baba van honger gesterf het.”
’n Ma (38) en pa (46) van Alabama, Klerksdorp, is elk tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die mishandeling van hul vyf kinders.
Volgens polisiewoordvoerder Amanda Fumani is die twee skuldig bevind op twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding, kinderverwaarlosing, en strafbare manslag.
“Die vonnis van die twee beskuldigdes het voortgespruit uit hul inhegtenisneming in Mei 2021 en Oktober 2021 vir die misbruik van hul vyf kinders by Alabama naby Klerksdorp,” het sy gesê.
Die hof het verneem dat die ma haar kinders, tussen die ouderdomme van drie weke en 13 jaar, aangerand en mishandel het deur hulle te slaan, teen die muur te gooi, en hulle van kos te weerhou.
Op Vrydag 14 Mei 2021 het die pa die polisie geskakel om ’n geval van aanranding aan te meld. Die polisie het onmiddellik gereageer en die ma is in hegtenis geneem, maar later op waarskuwing vrygelaat toe aangevoer is dat sy die drie weke oue baba borsvoed.
“In September 2021 is nog aanklagte teen die ma aangeteken nadat sy haar dogters, wat toe 8 en 13 jaar oud was, ernstig aangerand het. Sy is toe weer in hegtenis geneem. Die polisie het ook vasgestel dat die drie weke oue baba van honger gesterf het. ’n Saak van strafbare manslag is toe geregistreer,” het sy gesê.
Die pa is in Oktober 2021 in hegtenis geneem nadat bevind is dat hy ook die twee jong seuntjies van twee en vyf jaar oud misbruik het. Hy is toe ook beskuldig van strafbare manslag.