On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse man skuldig op 18 aanklagtes

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:01 Thu, 13 Feb 2025

Noord-Kaapse man skuldig op 18 aanklagtes | News Article
Itumeleng Machabe, voorheen bekend as Bendow. Foto: SABC News

’n Noord-Kapenaar hoor Dinsdag (18/2) sy lot hoor nadat hy aan amper 20 aanklagte skuldig bevind is.

Itumeleng Machabe (27), voorheen bekend as Bendow, is skuldig bevind aan 18 uit 19 aanklagte, waaronder Relebohile Segami (11) se verkragting en moord in Maart 2022. 

Segami se liggaam is in die veld in Galeshewe, Kimberley, ontdek nadat sy kort tevore as vermis aangemeld is, sê Mojalefa Senokoatsane, provinsiale NVG-woordvoerder.

Itumeleng Machabe Bendow. Foto: SABC News

Die hooggeregshof in Kimberley het Machabe Woensdag (12/1) vrygespreek van poging tot moord in verband met een van sy slagoffers, maar skuldig bevind aan haar verkragting. Hy is ook skuldig bevind aan die verkragting van ’n ander meisie, die toon van pornografie aan minderjariges, crimen injuria en bedrog.

Machabe het na bewering vandat hy 16 was langer as tien jaar minderjarige meisies in Galeshewe gemolesteer, maar tydens die hofverrigtinge beweer hulle het tot omgang ingewillig.

“Die staat het bewys gelewer dat Machabe heelparty slagoffers op Facebook ontmoet het. Tussen 2020 en 2022 het hy jong meisies bedrieg om te dink hy is ’n gay meisie wat nog op skool is, deur die skuilname “Prudence Femme Ivy”  en “Mona Femme Lisa” te gebruik. Hy was 22.”

‘Profielfoto’s vir sy vals ‘Femme’-rekeninge gebruik’

Hy sê Machabe het nóg vals personas geskep toe hy beweer het hy is ’n skoolmeisie. Sy slagoffers is gevra om vir hom foto’s van hulself in gewone klere, skooldrag en selfs naak te stuur. 

“Hoewel baie van die meisies aanvanklik huiwerig was, kon hy hulle oortuig.” Hy het nuwe slagoffers laat glo foto’s – met en sonder klere – van vorige slagoffers is van “Femme”, die gay skoolmeisie. 

Later het hy van die meisies se foto’s op Facebook geplaas om hulle te belaster of as profielfoto’s vir sy vals “Femme”-rekeninge gebruik as hulle geweier het om aan sy eise te voldoen.

‘Gedreig om haar naakfoto’s op Facebook te plaas’

“In Desember 2021 het Machabe na bewering ’n meisie twee keer in ’n veld verkrag. Hy het daarna probeer om haar in ’n nabygeleë waterpoel te stamp, maar die meisie kon ontsnap.” Machabe het glo gedreig om haar dood te maak as sy polisie toe gaan, maar sy het die moed bymekaargeskraap. 

In ’n ander voorval het Machabe, onder die naam van “Femme”, probeer om ’n slagoffer te oortuig om haarself te verfilm terwyl sy besig was met seksuele dade en om “Femme” se kamstige neef te ontmoet.

“Die foto van die sogenaamde neef was eintlik ’n foto van Machabe. Toe die slagoffer weier, het hy gedreig om haar naakfoto’s op Facebook te plaas, soos hy met ander meisies gedoen het. Die slagoffer het egter haar ma vertel,” sê Senokoatsane.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.