On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico
Listen Live Streams

Central SA

Hoë vraag lei tot waterprobleme in Bloemfontein – Mangaung

───   HEIDRÈ MALGAS 13:03 Wed, 06 Dec 2023

Hoë vraag lei tot waterprobleme in Bloemfontein – Mangaung | News Article
Inwoners in die noorde van Bloemfontein sal hopelik binnekort water hê. Foto: Zenande Mpame

"Die plan is om al vyf pompe teen Donderdag in werking te hê.”

Mangaung–metro gee die hoë vraag na water die skuld vir die wateronderbrekings in veral die noorde van Bloemfontein.

Sello More, munisipale bestuurder, sê die metro is gereed om die filters by die Maselspoort-wateraanleg op te knap. Hy verwag dat die watertoevoer na alle dele van die stad teen die einde van die week stabiel sal wees. 

Beplande instandhouding deur Centlec die afgelope naweek het waterverskaffing benadeel, sê hy. Op ’n  mediakonferensie Maandag (4/12) is genoem dat ’n kontrakteur na bewering die watertoevoer afgesny het omdat die metro hom nie betaal het nie. Hy word glo R5 miljoen geskuld vir die opgradering van die Hamilton-pompstasie.

‘Die twee pompe is nie genoeg nie’

In sy jongste opdatering sê Qondile Khedama, metrowoordvoerder, ’n spesialiskontrakteur werk hard om die ander drie pompe aangeskakel te kry omdat twee te min is om te voorsien in die inwoners se behoefte.

"Die plan is om al vyf pompe teen Donderdag in werking te hê. As dit gebeur, kan ons meer onbehandelde water teen ’n koers van ongeveer 60 ML/dag na die stad trek, suiwer en pomp," sê Khedama.

Die twee pompe is nie genoeg om aan die vraag van die noordelike dele van Bloemfontein te voldoen nie.

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.