Central SA
Gevalle van masels in Noord-Kaapse skool bevestig─── HEIDRÈ MALGAS 15:50 Wed, 15 Nov 2023
“Die Masibambane-kliniek het 26 bevestigde gevalle van Duitse masels aangeteken, 'n hoogs aansteeklike virussiekte met ’n kenmerkende rooi uitslag.”
Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het bevestig 'n uitbreking van masels by die Phillipvale Primêre Skool op Phillipstown bevestig.
Geoffrey van der Merwe, onderywswoordvoerder, sê ná besprekings met die Departement van Gesondheid is besluit om die skool vir vyf dae te sluit om deeglike ontsmetting te doen en verdere virusoordrag te beperk.
“Hierdie tydelike sluiting sal ook die leerders in staat stel om self te isoleer, en sodoende die risiko van nog besmetting te verminder,” sê hy.
Die Masibambane-kliniek het 26 bevestigde gevalle van Duitse masels aangeteken, ’n hoogs aansteeklike virussiekte met ’n kenmerkende rooi uitslag.
“Ons besef dit is ongerieflik en ontwrigting vir die skool se akademiese kalender, maar die welstand en gesondheid van die leerders en personeel is nou ons topprioriteit.”
OFM Nuus/Heidré Malgas Corné/Daphné/Morné