On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Oorsaak van brand in Potchefstroom nog onbekend

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:02 Thu, 28 Sep 2023

Oorsaak van brand in Potchefstroom nog onbekend | News Article
The building in Potchefstroom that caught fire. Photo: Screenshot

“Niemand is in die brand beseer nie en die oorsaak van die brand word nog ondersoek.”

’n Gebou agter die King’s Hotel in Potchefstroom wat uit drie winkels en ’n woonstel bestaan is in ’n brand verwoes.

Jeanette Tshite, woordvoerder van die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, het Woensdag (27/9) gesê die munisipaliteit het 'n noodoproep ontvang dat die geskiedkundige King’s Hotel in Nelson Mandelarylaan aan die brand is. Brandbestryders en ambulanse was onmiddellik na die toneel ontplooi.  

Dit het ’n uur geneem om die brand te blus. Foto: Facebook

Met hul aankoms is ontdek die brand is agter die hotel en nie by die hotel soos aanvanklik berig is nie. Die een baan van Nelson Mandelarylaan is was gesluit en dit het ’n uur geneem om die brand te blus.

Daar is drie klere-ondernemings op die grondvloer en ’n woonstel op die boonste verdieping. Tshite sê niemand is in die brand beseer nie en die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Dit is ook nog onbekend wie die eienaar van die gebou is.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.