On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Dieremishandeling, onwettige jagtogte bekommer DBV

───   KEKELETSO MOSEBETSI 05:47 Mon, 18 Sep 2023

Dieremishandeling, onwettige jagtogte bekommer DBV | News Article
Vier verdagtes is in hegtenis geneem en twee honde is gekonfiskeer nadat ystervarke onwettig gejag is. Foto: DBV

“Die voorvalle wat ons hanteer, is dikwels wisselvallig maar dit blyk dat die voorval in Bothaville vooraf beplan en baie goed georganiseer is.”

Onwettige jagtogte is kommerwekkend en daar is ’n duidelike korrelasie tussen metodes wat gebruik word in die vorm van jag en dieremishandeling.

Dit is volgens die Bloemfonteinse DBV-inspekteur, Werner Botha. Hy het kommer uitgespreek oor toenemende elemente van onwettige jagtogte. Sondag (16/9) is vier mense in hegtenis geneem en twee honde gekonfiskeer nadat vyf ystervarke onwettig gejag is. Botha het gesê die inhegtenisneming van hierdie verdagtes kom ná die inhegtenisneming van sewe verdagtes. Altesaam 22 honde is van hulle gekonfiskeer. Dit was pas nadat 'n aantal vermeende onwettige duikers op 10 September 2023 gevang is. Hy het gesê die voorval dui daarop dat dit hoogs georganiseerd is, met bewyse van aktiewe kriminele organisasie.


"Onwettige jag was nog altyd vir ons as die DBV kommerwekkend, aangesien daar 'n duidelike korrelasie is tussen die jagmetodes wat gebruik word en dieremishandeling. Wat egter meer kommerwekkend is, is die toename in die kriminele element wat teenwoordig is. Die voorvalle wat ons hanteer, is dikwels wisselvallig maar dit blyk dat die voorval in Bothaville vooraf beplan en baie goed georganiseer is.”

Werner het verder gesê diere wat gejag word, word dikwels deur honde gejaag. Hulle word gebyt of aan die keel vasgepen totdat die jagters hulle met tuisgemaakte spiese of ander wapens doodslaan. Hy het bygevoeg dat hierdie metode ’n element van lyding vir die gejagte dier insluit.

Die honde word soms voor die jagtog uitgehonger. Foto: NDBV

"Die wreedheid is egter nie net gerig op die dier wat gejag word nie. Dikwels word die honde voor die jagtog uitgehonger en doen hulle ernstige beserings op wanneer hulle diere soos ystervarke of wildevarke jag, aangesien hierdie diere hulself probeer verdedig," het hy gesê.

Verdagtes staan tereg op die oortreding van die Vrystaatse Natuurbewaringsordonnansie 8 van 1969.

Die jaghonde doen dikwels self ernstige beserings op. Foto: NDBV

Botha het verder gesê indien die beskuldigdes skuldig bevind word, kan hulle boetes van tot R100 000 of 10 jaar gevangenisstraf opgelê word. Dit is egter nie die enigste aanklag wat hulle in die gesig staar nie, aangesien die loslating van ’n dier om enige ander dier aan te val, ook 'n oortreding van die Dierebeskermingswet 71 van 1962, Artikel 2(1)(g) is, onder meer tersaaklike oortredings. Verdagtes sal na verwagting voor die Bothaville-landdroshof verskyn.

Jag met honde is onwettig en enige onwettige aktiwiteit moet aangemeld word. Ons moedig lede van die publiek wat hierdie aktiwiteite aanskou, aan om dit by u plaaslike DBV of SAPD-kantore aan te meld. Dit is nie net onwettig ingevolge die Dierebeskermingswet no 71 van 1962 nie, maar ook in stryd met die verskillende Provinsiale Natuurbewaringsordonnansies.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.