On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Pasgebore ontvoerde baba veilig gevind

───   HEIDRÈ MALGAS 12:29 Fri, 08 Sep 2023

Pasgebore ontvoerde baba veilig gevind | News Article
Foto verskaf

“Die pasgebore baba en haar klere is by die verdagte aangetref."

'n Pasgebore baba is veilig gevind nadat sy uit 'n hospitaal in Kimberley ontvoer is.

Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie het 'n 21-jarige vrou gearresteer en die gesteelde baba by haar huis in Greenpoint, Kimberley, gevind.

"Omstreeks 09:00 het die Kimberley SAPD-eenheid vir gesinsgeweld,kindersbeskerming en seksuele misdrywe, met die hulp van die eenheid vir misdaadintelligensie, inligting opgevolg en die baba en haar klere by die vrou aangetref."

Die baba sal ná mediese ondersoek word voor sy met haar ouers herenig word.

Die baba is na bewering op 6 September 2023 omstreeks 17:00 uit 'n hospitaal in Kimberley ontvoer.

Koliswa Otola, provinsiale kommissaris vir die Noord-Kaap, bedank al die polisielede vir hul goeie werk om die baba te vind. Hy het ook die gemeenskap bedank vir hul hulp. 

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.