On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap teken hoë getalle tienerswangerskappe aan – LUR vir Onderwys

───   09:10 Sun, 04 Jun 2023

Noord-Kaap teken hoë getalle tienerswangerskappe aan – LUR vir Onderwys | News Article
Leerders word aangemoedig om nie deel van tienerswangerskap-statistieke te word nie. FOTO: coxhealth.com

Die Noord-Kaapse LUR vir Onderwys, Zolile Monakali, sê die provinsie teken groot getalle tienerswangerskappe aan, met die John Taolo Gaetsewe-distrik in Kuruman boaan die lys.

Hy het die bekendstelling van die tienerswangerskapvoorkomingsveldtog na die betrokke distrik geneem en leerders aangemoedig om nie deel van die statistieke te word nie.

Sowat 900 leerders in die provinsie, tussen 10 en 19 jaar oud, raak gemiddeld elke kwartaal swanger.

"Statistieke dui daarop dat die Noord-Kaap een van die provinsies is met die hoogste voorkoms van tienerswangerskappe. Ons het die laagste getal leerders, maar ons is een van die provinsies met die hoogste vlakke van tienerswangerskappe," het Monakali gesê.

"Die rede waarom ons besluit het om hierdie program hier bekend te stel, is omdat die John Taolo Gaetsewe-distrik boaan die lys is met tienerswangerskappe. Ons het pas die statistieke van die departement van gesondheid ontvang en dié statistieke is onaanvaarbaar hoog. Ons is hier om met ons leerders te praat, nie net die meisies nie, maar ook met die seuns," het Monakali gesê.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.