Central SA
Oud-Springbok haker se pa sterf ná aanval op kleinhoewe─── HEIDRÈ MALGAS 14:47 Tue, 30 May 2023
![Oud-Springbok haker se pa sterf ná aanval op kleinhoewe Oud-Springbok haker se pa sterf ná aanval op kleinhoewe | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/bb9ca4a7-e140-4895-82c5-af3d5a8313ec.jpg?crop=0,0,600,338)
Oud-Springbok haker Lukas van Biljon se pa, André van Biljon, is oorlede nadat hy drie keer in die bors geskiet is nadat hulle aangeval is by sy kleinhoewe net buite Oranjeville in die Vrystaat.
Johnny Burger, ‘n jare lange vriend van die Van Biljons, het die nuus bevestig.
Oud-Springbok haker Lukas van Biljon se pa André is oorlede ná 'n aanval op sy kleinhoewe.
André was kritiek in die hospitaal vir ‘n paar dae waar hy vir sy lewe geveg het.
OFM Nuus het vroeër berig dat twee van die rowers aangekeer is en van huisroof en poging tot moord aangekla sal word. Die polisie is net ná middernag op 27 Mei 2023 na die Van Biljon-gesin se kleinhoewe by Oranjeville ontbied. Daar word vermoed dat ses gewapende mans in die voorval betrokke was.
LEES OOK: Voormalige Springbok-haker se vermeende aanvallers in hof verwag
André het probeer om die ander boere per radio te kontak toe hy van die rowers bewus geword het.
Lukas is uit die hopsitaal ontslaan nadat hy meer as 60 steekwonde in die voorval opgedoen het.