On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Polisie red man van verdrinking in Delportshoop

───   07:37 Wed, 22 Mar 2023

Polisie red man van verdrinking in Delportshoop | News Article
Die opgaardam in Delportshoop in die Noord-Kaap waar 'n man van verdrinking gered is. FOTO: SA Polisiediens

Die Noord-Kaapse polisie het Maandag ’n man wat in ‘n opgaardam in Delportshoop in die Noord-Kaap gespring het, van ’n gewisse verdrinking gered.

Die voorval het Maandag omstreeks 18:30 gebeur toe ’n veiligheidswag op die perseel klere en ander besittings opgemerk en die polisie gekontak het.

Lede van die polisie se soek- en reddingspan, onder leiding van kapt. John Seeley, provinsiale bevelvoerder van die span, het die sowat 64km vanaf Kimberley na Delportshoop afgelê.

Met hul aankoms het hulle die man gevind waar hy aan ’n paal vasgeklou het. Hy is ongedeerd uit die dam gehaal.

’n Woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, Sergio Kock, sê die man was getraumatiseerd maar het geen sigbare beserings gehad nie.

“Die polisiebestuur bedank kapt. Seeley en die soek-en-reddingspan vir hul dapperheid en vinnige reaksie wat gelei het tot die redding van die slagoffer se lewe,” sê Kock.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.