On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Soutpan-inwoners wil weet oor asbesdakke

───   17:37 Tue, 28 Feb 2023

Soutpan-inwoners wil weet oor asbesdakke | News Article
FOTO: Skermgreep/SABC News

Inwoners van Ikgomotseng in Soutpan sê die verwyderings van asbesdakke, klinieke wat nie 24 uur lank oop is nie en watertoevoer is van die uitdagings wat hulle wil uitlig.

SABC News het met inwoners gepraat voor die nuutverkose Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, wat sy eerste provinsiale rede in Bloemfontein gelewer het.

Inwoners sê hulle word toegang tot basiese dienste deur die regering geweier en hulle wil sien dat die nuwe premier ‘n verskil maak.

“Ons wil uitvind of ons deel is van die R25 miljoen wat begroot is om asbesdakke te verwyder. Die ander uitdaging gaan oor die polisiestasie. Die polisiestasie in Soutpan is 15 km van die gemeenskap af.”

Inwoners sê hulle sukkel met watertoevoer en die swak toestand van die R700-pad maak dit moeilik vir padgebruikers.

Nog 'n inwoner sê: "Ons kliniek werk tans nie 24 uur ‘n dag nie. Ons sal graag bystand met daardie een wil hê, want ons moet tot by Bloemfontein reis om ‘n kliniek te besoek.”

Dukwana sê Vrystaatse inwoners sal aktief betrokke moet raak om die rigting wat die regering inslaan te beïnvloed. “Die regering is ‘n dienaar en nie die diktator van mense nie.”

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.