Central SA
Noord-Kaapse polisie verwelkom 2 940 nuwe lede─── 08:10 Thu, 15 Dec 2022
Die Premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, het Woensdag 14 Desember 2022, 2 940 nuwe polisielede wat by 3 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon (3SAI) se militêre basis in Kimberley opgelei is, by die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) verwelkom.
Die studente word nou vir verdere opleiding na verskillende polisiestasies uitgeplaas.
Opleidingsakademies van die SAPD regoor die land hou vandeesweek uitpaseringsparades vir byna 10 000 nuut opgeleide polisiebeamptes.
Die Minister van Polisie het die parade in Kimberley bygewoon, vergesel deur die Nasionale Kommissaris, Fanie Masemola en die Provinsiale Kommissaris, Koliswa Otola.
Cele het die groep van 2940 nuut opgeleide konstabels wat by verskeie stasies en eenhede regoor die land geplaas gaan word, verwelkom en gelukgewens.
“Hierdie nuwe 10 000 kadette sal die polisie se vermoëns versterk, veral nou gedurende die feesseisoen en daarna, met meer stewels op die grond om polisiesigbaarheid te verbeter.