On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Departement sê ondersoek teen adjunkhoof duur voort

───   06:16 Mon, 12 Dec 2022

Departement sê ondersoek teen adjunkhoof duur voort | News Article
Laerskool Vela-Langa in Upington.

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het bevestig dat die ondersoek teen ’n adjunk-skoolhoof oor beweerde seksuele teistering voortduur.

Die adjunkhoof van Laerskool Vela-Langa in Paballelo buite Upington is deur ’n onderwyser by die skool van seksuele teistering aangekla.

Die departementele woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê die adjunkhoof het sy skorsing, hangende die uitslag van 'n ondersoek deur die Raad vir Onderwysarbeidsverhoudinge, teengestaan.

Die raad het bevind dat die korrekte prosedures in terme van sy skorsing nie gevolg is nie en het sy skorsing onregmatig verklaar.

Die departement is gevolglik beveel om sy skorsing op te hef en skadevergoeding van R20 000 aan hom te betaal.

Van der Merwe sê die departement neem kennis van die raad se bevinding en ondersoek tans die uitspraak, veral bewerings van voorbedagte rade en kwaadwillige vervolging.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.