Central SA
Ysige koue in dele van die Noord-Kaap─── 16:33 Wed, 15 Jun 2022
Terwyl die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat inwoners van die Noord-Kaap nie hul warm baadjies moet wegpak nie, het temperature van so laag as minus een vanoggend by Bloemsmond aan die buitewyke van Keimoes voorgekom.
Henning Grobler van die weerdiens voorspel dat temperature môre, op Jeugdag, tot so laag as 13 grade in groot dele van die Noord-Kaap kan daal.
In die Boesmanland by Kenhardt meen inwoners dat die koue wat tans ervaar word, die gebied asvaal laat. Die weerdiens sê môre word ysige weer met minimum temperature van minus sewe en maksimum temperature van nege verwag.
Intussen het die weerdiens 'n brandgevaar uitgereik vir die grootste gedeelte van die Noord-Kaap, met inwoners wat gemaan word om nie vure te maak wat tot wegholveldbrande kan lei nie.