On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Business

Moeilike tye wag vir Suid-Afrika se ekonomie in 2024

───   OLEBOGENG MOTSE 08:00 Fri, 12 Jan 2024

Moeilike tye wag vir Suid-Afrika se ekonomie in 2024 | News Article
Prof. Johan Fourie. Foto verskaf

“Wêreldwye ekonomiese groei sal na verwagting in 2024 verlangsaam met voorspellings van tussen 2% en 3%.”

Ekonome voorspel 2024 gaan ’n besonder uitdagende jaar vir Suid-Afrika wees. Dit is weens die onstabiliteit wat veroorsaak word deur beurtkrag,  wanfunksionele hawens, asook die swak paaie en infrastruktuur, sê prof. Johan Fourie, ekonomie-historikus en die skrywer van Our long walk to economic freedom en in Afrikaans Skatryk.

Hy het aan OFM Sakeuur gesê dit is in die stadium moeilik om ekonomiese groeivoorspellings te maak omdat daar talle struikelblokke in die pad staan van die ekonomie – plaaslik en internasionaal.

‘Wêreldwye ekonomiese groei kan tot 2,4% verlangsaam’

Wêreldwye ekonomiese groei sal na verwagting in 2024 verlangsaam met voorspellings van tussen 2% en 3%. Die Wêreldbank het vandeesweek voorspel die wêreldekonomie is op koers om sy swakste vyf jaar van groei in sowat 30 jaar aan te teken. Die bank voorspel dat wêreldwye ekonomiese groei vir die derde opeenvolgende jaar in 2024 sal verlangsaam van 2,6% tot 2,4% weens die stygende rentekoerse.

LEES OOK: Is die verhoging van toelaes goed vir SA se ekonomie?

Fourie verwag nie dat rentekoerse vanjaar skerp sal daal nie. Suid-Afrika sal swaar hierdeur geraak word weens sistemiese uitdagings. Hy sê om die land se ekonomie reg te ruk, kort ons stabiele elektrisiteitsverskafffing, die oplossing van probleme by ons hawens en verbeterde infrastruktuur.

OFM Sakeuur dg/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.