On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Business

Akademia se nauurse afstandsmodel plaas studiedrome binne elkeen se bereik

───   15:26 Tue, 20 Aug 2024

Sponsored15:26 Tue, 20 Aug 2024
Akademia se nauurse afstandsmodel plaas studiedrome binne elkeen se bereik | News Article
Foto verskaf

“Daar is nie ’n beter tyd as juis nou om jou studiedroom vir 2025 te begin waarmaak nie.”

Dié jaar het met ’n knal uit die wegspringblokke weggespring en te midde van al die rep en roer is die halfpadmerk op die kalender reeds verbygesteek.

Met hierdie werklikheid in gedagte is daar nie ’n beter tyd as juis nou om jou studiedroom vir 2025 te begin waarmaak nie. Voeg die daad by woord en bespreek jou plek vir Akademia se aanlyn inligtingsessie oor nauurse afstandstudiemoontlikhede wat op Saterdag 31 Augustus vanaf 09:00 tot 10:30 plaasvind.

Akademia, wat reeds sedert 2012 ’n studietuiste vir duisende Fonties is, bied verskeie oplossings vir voornemende studente wat in ’n vriendelike omgewing onderrig in hul moedertaal wil ontvang. Die instelling se dinamiese en gewilde nauurse afstandsmode is ideaal vir studente van alle ouderdomme wat reeds in die werksplek gevestig is, of ander belangstellings wil nastreef terwyl hulle studeer.

Studente wat van hierdie onderrigleermodel gebruik maak het gevolglik ook ’n keuse van deelname by wyse van ’n  netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika, óf ’n e-leeropsie. Kontaksessies vind op weeksaande en Saterdae plaas, en tegnologie word gebruik om dosente en studente in virtuele leerruimtes byeen te bring.

Behalwe vir die gerieflike rooster bied dié model ook aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om te studeer. Akademia se internasionale voetspoor sluit onder meer lande soos Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die Verenigde State van Amerika in.

Tydens die inligtingsessie, wat jy vanuit die gerief van jou eie huis kan bywoon, sal die volgende aspekte bespreek word:

  • ’n Oorsig oor Akademia
  • Studieopsies
  • Klasbywoning
  • Die aansoekproses
  • ’n Interaktiewe vraag-en-antwoordsessie


Hier is wat huidige nauurse studente te sê het oor dié onderrigleermodel:

“As ’n voltydse professionele atleet pas die nauurse afstandsmodel my soos ’n handskoen. Dié onderrigmodel laat my toe om voltyds my atletiekpassie uit te leef terwyl ek myself akademies kan bekwaam.” Yvonne Robson (24).

“Ek pak my studies via die nauurse afstandsmodel aan en maak gebruik van die e-leeropsie. Danksy die vryheid wat met dié onderrigleermodel gepaard gaan, kan ek my potensiaal voluit laat gedy as ma, beroepsvrou én student!” Nalanie Green (41).

“Ek is tans in my tweede jaar van studie aan Akademia via die nauurse afstandsmodel. Dié model het my as tuisskoolleerder goed te pas gekom en ek het die geleentheid om waardevolle ervaring in die werksplek op te doen terwyl ek studeer.” Bianca Pretorius (20).

“Ek werk as ’n boekhouer in die eiendomsontwikkelingsveld, maar droom van ’n beroep in die regte. Danksy die nauurse afstandsmodel kan ek hierdie studiedroom najaag terwyl ek werk.” Victor Becker (51).

‘Jou loopbaanreis begin hier’

Jeanmarie van Niekerk, leier: Bemarkingsadviseurs, nooi alle belangstellendes uit om tydens dié sessie enige vrae wat hulle mag hê, of aspekte waaroor hulle onseker mag wees, te opper en só gemoedsrus oor hul toekomstige studies te verkry.

“Ons is opgewonde om jou studiereis saam met jou aan te pak, en om jou as ’n toekomstige Fontie by die Akademia-familie te verwelkom,” sê Van Niekerk.

Waarvoor wag jy? Maak seker dat jy hierdie belangrike inligtingsessie bywoon en jou nauurse studieopsies deeglik verken. Bespreek jou aanlyn sitplek hier.  Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop. Akademia, jou loopbaanreis begin hier!

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.