Business
Hoe sal die ouerskapverlof van vier maande verdeel word?─── OLEBOGENG MOTSE 15:05 Fri, 17 Nov 2023
Ouers sal self moet besluit hoe hulle die ouerskapverlof van vier maande gaan verdeel.
Dit het onlangs in die hooggeregshof in Johannesburg die groenlig gekry. Ilze Strydom, direkteur van familiereg by PH-prokureurs, het dit breedvoerig bespreek met Kayla Barker op die OFM Sakeuur.
Ilze Strydom met Kayla Barker
Sy het ook verwagte veranderinge aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes met betrekking tot kraam en ouerskap uiteengesit, asook aanneming en ouerskapverlof en die bepalings van die Wet op Werkloosheidsversekering. Hierdie stukke wetgewing is deur die hooggeregshof ongrondwetlik en ongeldig verklaar omdat hulle die regte op gelykheid en waardigheid benadeel het.
LEES OOK: Kontakteregte: wat om te doen
Strydom sê daar is vrae op sosiale media van bekommerde ma's wat meen om ouerskapverlof te verdeel problematies is wat borsvoeding betref.