Business
Versoek vir registrasie vir vrywillige verlaat van ‘geblikte’ leeubedryf─── 15:21 Thu, 13 Jul 2023
Sponsored15:21 Thu, 13 Jul 2023Eienaars van leeus in gevangeskap word aangemoedig om hul belangstelling in ‘n vrywillige uitgang opsie sonder verpligting voor 21 Julie 2023 te registreer.
‘n Verslag rakende beleid, wetgewing en praktyke gekoppel aan die bestuur, teel, jag, handel en hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters, wat opgestel is deur ‘n Ministeriële Hoëvlakpaneel, is vroeër deur die Kabinet vir implementering goedgekeur. Een van die Paneel se aanbevelings was dat Suid-Afrika nie leeus in gevangeskap moet hou of teel, of enige deel van sodanige leeu, ongeag of die deel vars, verwerk or gepreserveer is, verkoop nie.
As gevolg van die aanbeveling het die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Me Barbara Creecy, ‘n Ministeriële taakspan in Desember 2022 aangestel om opsies en roetes vir die vrywillige uitgang uit die bedryf van leeus in gevangeskap te ondersoek. Die doel is dat die taakspan ‘n goed ondersteunde proses ontwikkel om belanghebbendes in dié bedryf die opsie van vrywillige uitgang te gee met ‘n wen-wen resultaat.
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met Dr Kelly Marnewick van die taakspan gesels.
Die Minister is oortuig daarvan dat ‘n goed ondersteunde proses om belanghebbendes in die geblikte leeu bedryf die kans te geen om vrywillig die bedryf te verlaat, tesame met wen-wen opsies, kan slaag.
Die taakspan verskaf die geleentheid aan eienaars van leeus in gevangeskap om dié opsie te oorweeg en om die taakspan vertroulik te nader oor moontlike opsies of roetes vir hul spesifieke bedryf. Die taakspan is verbind daartoe om die toekoms van die leeus in gevangeskap van eienaars wat die opsie van vrywillige uitgang aanvaar, sorgvuldig en verantwoordelik in ag te neem, tesame met die impak op kwesbare werkers in die bedryf en ‘n positiewe ekonomiese uitkoms.
’n Sleutel deel van die taakspan se werk is om die wesenlike betrokkenheid van belanghebbendes te verseker – ‘n proses wat al etlike maande aan die gang is. Dit sluit in vergaderings met provinsiale natuurbewarigsinstansies, verteenwoordigers van die bedryf van leeus in gevangeskap, wildlewe bedryfsorganisasies en ander belanghebbendes en geaffekteerde partye. Die doel van die konsultasieproses is om verskillende opinies aan te hoor en om insette te kry van alle parte oor die vrywillige uikomsopsies, asook enige terme en voorwaardes wat daarmee gepaard sou gaan.
Partye word aangemoedig om hul belang om die bedryf van leeus in gevangeskap vrywillig te verlaat, op n vertroulike basis en sonder enige verpligtinge voor 21 Julie 2023 te registreer.
Registrasiebesonderhede is soos volg:
Indien u leeus in gevangeskap besit, of betrokke is by die bedryf, en oorweeg om die bedryf vrywillig te verlaar, kan u registreer by: https://shorturl.at/ctHR3 of u kan ‘n epos aan die Voorsitter van die Ministeriële Taakspan stuur by: kchetty@dffe.gov.za.
Om die Regeringskennisgewing oor die uitstel van die registrasiedatum te lees, klik hier.
Die Ministeriële Taaskspan sal enige lewensvatbare en pragmatiese voorstelle vir vrywillige uittrede-opsies, wat 'n kombinasie van potensiële scenario's kan insluit, oorweeg.
UITGEREIK DEUR DIE DEPARTEMENT VAN BOSBOU, VISSERYE EN DIE OMGEWING