On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Arts

Lente Genadefees ter viering van Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum

───   09:00 Thu, 22 Aug 2024

Lente Genadefees ter viering van Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum | News Article
Die sanger Riaan Naudé sluit saam met Nadine Blom by Yolanda Maartens aan tydens Mid-Morning Magic.

“OFM se eie Nadine Blom en Riaan Naudé kom kuier in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die Lente Genadefees ten bate van Engo.”

Die sanger Riaan Naudé het besluit om ‘n spesiale Lente Genadefees aan te pak saam met verskeie ander plaaslike kunstenaars in Bloemfontein. Hy sluit saam met Nadine Blom by Yolanda Maartens aan tydens Mid-Morning Magic.

Hierdie geleentheid word ten bate van die Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum van Engo in Bloemfontein aangebied ter viering van hulle 110de bestaansjaar.

‘n Aandkonsert met verskeie Bloemfonteinse kunstenaars word gehou op 14 September by die Geloofsentrum in Bloemfontein. Kunstenaars wat die aand gaan optree, is Anton Esterhuyse (pianis en verwerker) met die Unimus Orkes, Du Preez en Jana Stoltz (soliste), Riaan Naudé (solis), Ilse Fourie (solis), Nadine Blom (solis), Jaco Bezuidenhout (solis en klankingenieur), Ella Kotzé (solis) en Leevert Solomons (solis). 

Kaartjies kos R80 per persoon en vir kinders onder 12 jaar is dit gratis. Kaartjies kan gekoop word by die Geloofsentrum in Straussstraat, Universitas, by Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum in Victoriaweg, of by die Engo Provinsiale kantoor in Van Heerdenstraat 22, Wilgehof, Bloemfontein.    

 

Vir meer inligting bel 051 444 2938 of stuur ‘n e-pos na ontvangs@vironskinders.org.za.

Engo is organisasie sonder winsbejag wat hoofsaaklik in die Vrystaat werk en versorging en berading bied aan kinders, gesinne, bejaardes, gestremdes en pasiënte in nood. 

Lees hier 

OFM Nuus dg/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.