Arts
OFM Kunsteklop: Natuur in die vorm van metaal uit die hande van Hendrie Kruger─── 10:09 Mon, 02 Jan 2023
Kimberley kunstenaar Hendrie Kruger wat betower met metaal beeldhouwerke gesels in die OFM Kunsteklop met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor sy werk en verduidelik sy kreatiewe proses en deel ook n spesiale boodskap vir ander kunstenaars.
Hendrie se werk is gemaak van staal/boogsweiswerk en word met die hand gemaak. Hendrie is al van kleins af by die kunste betrokke toe hy prente van die natuur en wild begin teken het met ekstra stringe detail in sy sketse. Hy beskryf sy werk as 'n samesmelting van sy hart en siel wat 'n band tussen ons bou en iets unieks skep.
Vir meer inligting skakel of Whatsapp Hendrie op 063 889 3372 of stuur n epos na hendriekruger76@gmail.com of besoek sy webwerf Hendrie Kruger Metal Sculptures
In die OFM Kunsteklop gesels Yolanda twee keer ‘n week met diekreatiewes, kunstenaars en dromers dwars oor die OFM streek. As jy van 'nopkomende kunstenaar weet wat jy dink die blootstelling sal waardeer, stuurgerus meer inligting per epos na yolandam@ofm.co.za