Arts
Senior Serenade wil met jou hulp 500 bejaardes hierdie feestyd bederf─── 09:29 Fri, 22 Nov 2024
Hierdie feestyd wil Pro Strings vreugde bring aan 500 bejaardes in Bloemfontein met klassieke musiek en sang en JY kan hul Kersfees nog meer spesiaal maak deur ’n geskenkpakkie te borg!
Die doelwit: Om geskenke, musiek (saam met Pro Strings) en liefde aan seniors in nood te lewer. Dit is die sesde jaar wat Pro Strings vakansievreugde deel, en hulle het jou hulp nodig om dit ’n sukses te maak. Sharon de Kock sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop.
Hier is hoe jy betrokke kan raak:
- Skenk noodsaaklike toiletware – beddegoed, gordyne en klere word ook benodig
- Kontantskenkings
- Tuisgemaakte kolwyntjies
- Neem ’n huis aan – borg ’n huis of dra spesifieke items soos seep of deodorant by vir ’n spesifieke groep seniors.
Die huise wat besoek word tussen 11 en 13 Desember is:
Mooihawe, Boikhuco Home, Noorderbloem Frail Care, Yade Home, Siesta, Westerbloem, Fichardtpark-afteeoord, Athalia-huise (Huis Dankbaar, Liefde, Geloof), Omgee.
Spesiale Kersfeesserenade tydens 2023 se uitreik by ouetehuise in Bloemfontein. Foto verskaf
Elke skenking, groot of klein, maak ’n verskil. Vir meer inligting, kontak gerus Sharon de Kock 082 434 7501 en besoek Senior Serenade op Facebook.
Van die vrywilligers en PRO Strings lede tydens 2023 se optredes in Bloemfontein. Foto verskaf