Arts
Die Snowflake in Potch huisves nuwelinge se werke─── 09:00 Tue, 19 Nov 2024
Vir meeste van die kunstenaars wat deelneem aan die uitstalling is kuns sommer net ’n stokperdjie, sommige het geen formele klasse nog gehad nie en ander het eers later in hul lewens besluit om kuns ’n kans te gee.
Die koördineerder van die uitstalling “Nuwelinge”, Martie Bothma, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop.
Vir meeste van die deelnemers wie se werke besigtig kan word, is kuns ’n stokperdjie en is dit ’n besonderse geleentheid om hul werke teen die muur van ’n galery te sien.
Die uitstalling kan besigtig word tot 14 Desember. Kry meer inligting hier: https://www.facebook.com/SnowflakeBuilding/