On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou stel naspeurbaarheid-en-veiligheidstelsel vir vee bekend

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 07 Mar 2024

Vrystaat Landbou stel naspeurbaarheid-en-veiligheidstelsel vir vee bekend | News Article
Die implementering van ’n effektiewe naspeurbaarheids- en veiligheidstelsel is ’n noodsaaklike stap om die veebedryf te beskerm teen toekomstige risiko's en uitbrake van siektes. Foto: iStock

Vrystaat Landbou (VL) se aankondiging kom na aanleiding van die impak wat die eerste bek-en-klouseer-uitbreking op die veewaardeketting in die Vrystaat gehad het.

Die implementering van ’n effektiewe naspeurbaarheids-en-veiligheidstelsel is ’n noodsaaklike stap om die veebedryf te beskerm teen toekomstige risiko’s en uitbrake van siektes.

Georganiseerde landbou het die AIMS (Animal Identification and Movement System) gekies om vir die Vrystaat opgestel te word.

Vrystaat Landbou (VL) se aankondiging kom na aanleiding van die impak wat die eerste bek-en-klouseer-uitbreking op die veewaardeketting in die Vrystaat gehad het.

“Hierdie uitbreking het ’n ernstige finansiële impak gehad op boere, agente, afslaers, voerkrale, abattoirs en uitvoerders in die provinsie,” vertel president Francois Wilken.

Lede het tydens die organisasie se 2022-kongres opdrag gegee vir ’n diere-naspeurbaarheid-en-veiligheidstelsel om toekomstige risiko’s te verlig, te ondersoek.

“Ons ondersoek het ’n wye verskeidenheid oplossings ingesluit en elke opsie is streng geëvalueer,” sê Wilken. 

Voorbeeld van die VL AIMS oorplaatjie. Foto verskaf  

Die keuse van AIMS word deur kommersiële bestuurder, dr. Jack Armour, as volg verduidelik: “Die stelsel bied ’n platform vir die bestelling en toekenning van unieke oorplaatjies vir vee, asook die aanteken van verkoop en oordrag van vee na nuwe plekke.”

Hy voeg by dat die stelsel ontwerp is om aan die strengste veiligheids-en-naspeurbaarheidstandaarde te voldoen, asook ’n veilige manier vir boere te bied om hul vee te monitor en te bestuur.

Die bekendstelling van die FS-AIMS-webwerf, wat beskikbaar is op die VL-webwerf, bied veeboere die geleentheid om hul profiele veilig in te vul met die nodige inligting vir naspeurbaarheid en veiligheid. “Die stelsel is ontwerp om te voldoen aan die strengste veiligheids-en-naspeurbaarheidstandaarde en bied ’n veilige manier vir boere om hul vee te monitor en te bestuur,” vertel Armour.

Daar is ook planne vir samewerking tussen VL en Agri Oos-Kaap om die AIMS-stelsel verder te ontwikkel.

OFM/Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.