On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Minimumloonaanpassing weerspieël retoriek nie realiteit

───   11:44 Mon, 05 Feb 2024

Minimumloonaanpassing weerspieël retoriek nie realiteit | News Article
Foto: Getty Images

Vrystaat Landbou meen die 8,5% aanpassing van die Nasionale Minimumloon, soos dit onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is, is heeltemal uit voeling met dit wat besighede tans ervaar.

President Francois Wilken sê indien die 32%-werkloosheidsyfer in ag geneem word, wil dit voorkom asof ekonomiese realiteite by die agterdeur uitgewaai het as daar na besluitnemers se optrede gekyk word.

“Werkgewers in die sektor bied redelike en billike lone aan om werknemers te ondersteun. Boerdery is geskoei op gesonde besigheidspraktyke waarby ingesluit is finansiële oorwegings ten opsigte van onder meer die beskikbaarheid van genoegsame middele om werknemers te vergoed.”

Wilken sê ideologie en die besef dat die verkiesing waarskynlik meer van ’n tameletjie gaan wees as wat in vorige verkiesings die geval was, maak dat besluite eerder gefokus is op oorlewing by die stembus in teenstelling met die skep van ’n omgewing waarin besigheid kan floreer en kwessies soos werkloosheid en armoede effektief aangespreek kan word.

“Dis kommerwekkend dat die Nasionale Minimumloon-kommissie in die verslag wat betref voorgestelde aanpassings aan die minimumloon, ’n belangrike oorweging soos produktiwiteit, iets waarvoor Suid-Afrika se arbeidsmark weens die verkeerde redes voor bekend is, nie van melding maak nie. Die effek van ’n onoordeelkundige minimumloonaanpassing kan ’n verdere rimpeleffek op indiensneming hê, terwyl verdere werksverliese nie buite rekening gelaat kan word nie.”

OFM Agri

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.