On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou kyk terug oor 2023

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 08 Dec 2023

Vrystaat Landbou kyk terug oor 2023  | News Article

Beurtkrag het ‘n demper geplaas op ‘n jaar waarin daar goeie reën ontvang is.

Dit het behoorlik probleme onder besproeiers veroorsaak en noodvergaderings moes met Eskom belê word om die situasie aan te spreek. Dit is volgens Vrystaat Landbou hoof uitvoerende beampte, Gernie Botha.

In ’n jaaroorsig van 2023 vertel hy aan Elsabé Richard-May dat die reën wel bygedra het tot goeie oeste, hoewel vloedskade aan paaie ‘n negatiewe invloed gehad het.

“Dit bly ‘n deurlopende proses om met die relevante owerhede te skakel in ‘n poging om padinfrastruktuur aan te spreek. Een stukkie goeie nuus is dat sommige van hierdie paaie aan SANRAL oorgedra is en daar sal hopelik verbeteringe op hierdie paaie te sien wees.”

Op die veiligheidsfront is daar ‘n groot aantal persone opgelei, wat insluit landbouers, polisiebeamptes en sekuriteitspersoneel. ‘n Totaal van 478 persone by 33 boereverenigings is opgelei deur die jaar.

“Wat die jaar vorentoe betref vertrou ons dat voldoende reën binnekort vir die nuwe aanplantings sal val. Die versengende hitte het in baie gevalle sy tol begin eis. Ons sal ook voortgaan om druk op die regering te plaas in ‘n poging om infrastruktuur op te knap,” sê Botha.

OFM Agri Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.