South Africa
Staatsrede 2025: Hoë verwagtinge van Ramaphosa─── 11:08 Thu, 06 Feb 2025
Die 2025-staatsrede vind plaas te midde van wêreldwye onsekerheid, wat na alle waarskynlikheid ’n sosiaal-ekonomiese uitwerking op Suid-Afrikaners kan hê.
Pres. Cyril Ramaphosa sal nie sy eerste staatsrede onder die regering van nasionale eenheid (GNU) gebruik om in ’n bekgeveg met sy eweknie in die VSA, Donald Trump, betrokke te raak nie.
Alles is in plek vir wat ’n hoogs verwagte staatsrede genoem word, Donderdag (6/2) om 19:00 in die Kaapse stadsaal. Die laaste voorbereidings is deur die loop van die dag getref vir die eerste staatsrede nadat die ANC sy meerderheid in Mei verloor het.
Die parlement sê sekuriteit is opgeskerp om voor te berei vir enige moontlike betogings of ontwrigtings.
?? ???? The day has finally arrived!
— South African Government (@GovernmentZA) February 6, 2025
South Africans are invited to be part of the State of the Nation Address today, 6 February 2025 at 7pm.#SONA2025#GovZAUpdates #ServiceDeliveryZA pic.twitter.com/CjUFbESjjL
Suid-Afrika en die VSA “sal oor die huidige stampe in hul verhouding kom”, het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, Woensdagaand op ’n mediakonferensie gesê.
Suid-Afrika het Trump onlangs die hoenders in gemaak toe hy beweer het die owerheid vat grond af en “sekere mense word baie sleg behandel”.
Preparations ahead of #SONA2025.
— South African Government (@GovernmentZA) February 5, 2025
The annual address gives us an opportunity to reflect on how far we have come as a nation and recommits us to working together to build the country we envisioned at the start of our democracy. #GovZAUpdates#ServiceDeliveryZA pic.twitter.com/oRp7PXMIeV
Die regering ontken hierdie aansprake, maar Marco Rubio, die VSA se minister van buitelandse sake, het olie op die vuur gegooi deur aan te kondig dat hy nie die Groep van 20-samesprekings vandeesmaand in Suid-Afrika sal bywoon nie. Hy beskuldig die gasheerland van ’n “anti-Amerikaanse” agenda.
Magwenya sê die VSA is Suid-Afrika se naasgrootste handelsvennoot, en die twee lande het langdurige politieke en kulturele betrekkinge, wat Suid-Afrika steeds sal respekteer.
Woordestryd met Rwanda
Die staatsrede kom ook te midde van konflik tussen Suid-Afrika en Rwanda terwyl die land treur oor 14 soldate wat meer as ’n week gelede in die ooste van die DRK gesneuwel het.
Terwyl die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Oos-Afrika-gemeenskap skarrel om die gevegte stop te sit, het ’n woordestryd tussen Ramaphosa en pres. Paul Kagame van Rwanda verhewig.
?? Final preparations at Cape Town City Hall ahead of the State of the Nation Address by President Cyril Ramaphosa. #SONA2025#GovZAUpdates #ServiceDeliveryZA pic.twitter.com/7r3VATm2lh
— South African Government (@GovernmentZA) February 5, 2025
Benewens hierdie dringende kwessies sal Ramaphosa hom na verwagting toespits op ekonomiese groei en die regering se planne om die werkloosheid hok te slaan.
Ramaphosa sal waarskynlik ook aankondig dat die land die G20-beraad in November sal aanbied, die eerste keer op die Afrika-vasteland.
Verskeie ministers en politieke partyleiers het hul verwagtinge voor die president se toespraak bekendgemaak, byvoorbeeld hoe die politieke partye in die GNU belangrike vraagstukke soos armoede, werkloosheid en ekonomiese groei sal aanpak.
The 2025 State of the Nation Address ( SONA) by President Cyril Ramaphosa takes place in the midst of (mostly American triggered) global turbulence that in all likelihood will unleash a socio-economic Black Swan, which means those left behind might be pushed further behind while… pic.twitter.com/NnwlFZ5JU9
— Prof Thuli Madonsela #KindnessBuilds (@ThuliMadonsela3) February 6, 2025
Suid-Afrikaners sal kyk of die president planne voorlê wat kan help om vertroue in die demokrasie in die nuwe politieke klimaat te herstel.
Ná jare sou oudpres. Jacob Zuma, nou die MK-party se leier, na verwagting die staatsrede vir die eerste keer bygewoon het sedert 2018, toe hy uit sy amp getree het. Mzwanele Manyi, woordvoerder, sê egter hy sal nie opdaag nie.
Voormalige staatshoofde en voorsittende beamptes kry outomatiese uitnodigings na die jaarlikse staatsrede. Manyi het egter Donderdagoggend met joernaliste buite die stadsaal gepraat en gesê die oudstaatshoof sal nie die geleentheid bywoon nie.
Former president Jacob Zuma will be snubbing Parliament and not attend the “fake state of the nation address (Sona)”. #SONA2025 #JacobZuma #ArmsDeal #BillyDowner #Pietermaritzburg @TheCitizen_News pic.twitter.com/uoj4aQXuTK
— ???????????? ?????????? ?? (@FaizelPatel143) February 6, 2025
“Die mense wat Suid-Afrika bestuur, het dit georkestreer dat hy nie hier moet wees nie. Die regbank moes dit geweet het, maar ten spyte daarvan wou hulle hom vandag in die hof in Pietermaritzburg hê.”
Intussen sluit wetstoepassers strate en tref die laaste voorbereidings om die stadsaal, waar meer as 2 000 gaste verwag word vir die staatsrede, wat glo R6 miljoen kos.
OFM Nuus mc