On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Elfde vermeende dwelmmuil binne maande by ORTIA aangekeer

───   15:59 Mon, 30 Sep 2024

Elfde vermeende dwelmmuil binne maande by ORTIA aangekeer | News Article
Die afgelope maand is daar weekliks dwelmsmokkelaars by ORTIA onderskep. Foto verskaf

“Sy het reeds ’n aantal dwelmpakkies uit haar liggaam losgelaat en is in polisie-aanhouding waar die polisie die vrystelling van verdere dwelmpakkies fyn dophou.”

’n Gesamentlike operasie tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se doeanebeamptes by die OR Tambo Internasionale Lughawe (ORTIA) het gelei tot die inhegtenisneming van ’n 21-jarige Suid-Afrikaanse vrou vir dwelmhandel.

Dit is die elfde dwelmmuil wat binne ’n tydperk van twee maande by ORTIA in hegtenis geneem word.

Die dwelmmuil is aangekeer toe sy Sondagoggend net voor 09:00 op ’n vlug vanaf São Paulo, Brasilië, aangekom het.

’n Vermeende dwelmmuil is in hegtenis geneem. Foto verskaf

Sy is na ’n plaaslike hospitaal geneem waar ’n X-straal bevestig het dat sy vreemde voorwerpe in haar maag het.

Sy het reeds ’n aantal dwelmpakkies uit haar liggaam losgelaat en is in polisie-aanhouding waar die polisie die vrystelling van verdere dwelmpakkies fyn dophou. Hierdie proses is steeds besig om te ontvou.

Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het die waaksaamheid van polisielede en SAID by die lughawe geloof.

Die afgelope maand is daar weekliks dwelmsmokkelaars by ORTIA onderskep.

Op Sondag 22 September is ’n Namibiese dwelmmuil (30) in hegtenis geneem nadat sy van São Paulo aangekom het. Sy is ook vir ’n mediese ondersoek geneem en het meer as 60 dwelmpakkies vrygestel.

Sy het reeds in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

‘Kokaïen is gevind wat in vliegtuigoorfone versteek was’

Op Vrydag 13 September is ’n Nigeriese dwelmmuil in hegtenis geneem, nadat hy in besit van kokaïen gevind is wat in vliegtuigoorfone versteek was. Hy het ook pas van São Paulo geland.

Hy het reeds voor die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.