On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Vermiste polisiestudent ongedeerd in Durban gevind

───   HEIDRÈ MALGAS 11:20 Wed, 25 Sep 2024

Vermiste polisiestudent ongedeerd in Durban gevind | News Article
Tristan Chowles is veilig in Durban gevind. Foto verskaf

“Hy het glo ’n vlug na Durban bespreek om sy verjaardag te vier.”

’n Jong polisiestudent wat in Pretoria as vermis aangemeld is, is veilig in Durban gevind.

“Die polisie kan bevestig sy ouers en die beamptes het die vermiste polisiestudent veilig en ongedeerd in KwaZulu-Natal gevind,” sê Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder.

Tristan Chowles (23) is Donderdag (19/9) uit ’n hospitaal in Pretoria ontslaan nadat hy Woensdag vir ’n armbesering behandel is. Dit is die laaste keer wat hy gesien is. Hy was besig met ’n basiese leerontwikkelingsprogram by die polisie se Tshwane-akademie.

“Die polisie is besig om die omstandighede rondom sy afwesigheid sonder toestemming en goedkeuring van die opleidingsakademie te ondersoek. Enige ernstige wangedrag sal volgens die ooreenkoms tussen die polisie en die student hanteer word,” sê Mathe.

Tristan Chowles. Foto verskaf

Volgens Timeslive is Chowles opgespoor danksy ’n onttrekking by ’n kitsbank op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park. Hy het glo ’n vlug na Durban bespreek om sy verjaardag te vier sonder om iemand in te lig. Die akademie sou nie sy reis toegelaat het terwyl hy deel van die program is nie.

“Hy is beveel om onmiddellik terug te keer anders sal hy nie toegelaat word om sy opleiding voort te sit nie,” volgens Timeslive

OFM Nuus het vroeër berig die polisie het ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat hy vermis geraak het, het Mathe gesê.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.