On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Stellenbosch: Titaniese stryd wag op Grey Kollege en Paul Roos Gimnasium

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:00 Fri, 16 Aug 2024

Stellenbosch: Titaniese stryd wag op Grey Kollege en Paul Roos Gimnasium | News Article
Grey Kollege is slaggereed vir hul kragmeting teen Paul Roos Gimnasium. Foto verskaf

“Vir 13 Grey-spelers en sewe Paul Roos-spelers sal dit hul laaste wedstryd op skoolvlak wees.”

Opwinding heers in die Eikestad want dit is weer tyd vir een van die grootste interskolekompetisies in die land – ’n hoogtepunt op die skolerugbykalender.

Die eersterugbyspanne van Grey Kollege in Bloemfontein en Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch pak mekaar Saterdag (16/8) in hul jaarlikse interskolewedstryd. Die wedstryd skop af om 15:00 op die Markotter-velde by Paul Roos Gimnasium.

Die interskole het in 1967 begin en  vanjaar is dit die 57ste keer wat dit plaasvind. In byna 40 wedstryde het die twee spanne mekaar 38 keer die titaniese stryd aangesê – merkwaardig het nie een wedstryd gelykop geëindig nie. Grey Kollege is egter gretig om terug te keer met die titel nadat hy Paul Roos verlede jaar in Bloemfontein met 28-20 verslaan het.

Grey Kollege se eersterugbyspan. Foto verskaf

“Hoewel drie van Grey se sterspelers, AJ Meyer (slot), Ethan Adams en Pieter van der Merwe (senters), weens hul deelname aan die Suid-Afrikaanse o. 18-span nie speel nie sal dit nie die gehalte van die interskole beïnvloed nie,” sê Bobby Joubert, Grey Kollege se direkteur van rugby. Hy sê die afwesigheid van die SA spelers affekteer jaarliks die interskole.

Paul Roos is hierdie seisoen onoorwonne, terwyl Grey vroeër vanjaar net een nederlaag gely het toe hy met 22-19 teen Jeppe Boys High School van Johannesburg verloor het. Joubert sê hoewel Grey goed voorbereid is, is die nat toestande van die veld altyd ’n uitdaging.

Vir 13 Grey-spelers en sewe Paul Roos-spelers sal dit hul laaste wedstryd op skoolvlak wees. 

Paul Roos se eersterugbyspan. Foto verskaf

Paul Roos en Grey word beskou as twee van die toprugbyskole in die land met ’n trotse tradisie om Springbokke op te lewer. Paul Roos hou die rekord met 56 Springbokke gevolg deur Grey met 48.

In die Bokspan wat nou in Australië toer, spog Grey Kollege met oudspelers, Cobus Reinach en Jan-Hendrik Wessels en Paul Roos Gimnasium met Willie le Roux en Ben-Jason Dixon.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.