On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Oud-Vrystater begrawe ná skietvoorval in Kaapstad

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:59 Wed, 24 Jul 2024

Oud-Vrystater begrawe ná skietvoorval in Kaapstad | News Article
Nico Snyman. Foto: Facebook

"Snyman het in Februarie na Kaapstad verhuis waar hy as ’n IT-bestuurder gewerk het."

Die oud-Vrystater wat verlede naweek doodgeskiet is, is Woensdag (24/7) op Frankfort ter ruste gelê.

“Nico Snyman, (28) ’n oudleerling van die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) in die Oos-Vrystaat, is Saterdagaand (13/7) met ’n skietwond buite ’n kuierplek in Bellville, Kaapstad, dood aangetref,” sê Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder.

Snyman het in Februarie na Kaapstad verhuis, waar hy as ’n IT-bestuurder gewerk het.

Nico Snyman is Saterdagaand in Bellville doodgeskiet. Foto verskaf

Swartbooi sê die polisie in Bellville is om 02:50 na die toneel ontbied. “Die onbekende manlike verdagte het van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet. “Daar was glo ’n onderonsie tussen Snyman en die verdagte binne die kuierplek.” Snyman is in die straat buite die kuierplek aangetref en is op die toneel dood verklaar.”

“My ou kollega Nico Snyman is Saterdagaand vermoor,” skryf die aktrise Pascal Pienaar op haar Facebook-blad. “Hy was een ongelooflike sagte en dierbare mens.

“Asseblief, as iemand enige inligting het oor iets verdags, kontak my of die Bellville-polisie. Die is net so verkeerd en so tragies. Hoe los mens net so iets. Ek dink aan sy nabye familie en vriende. Hy was so ’n gawe mens, behulpsaam en gedrewe om ’n groot sukses van sy lewe te maak.”

Nico Snyman. Foto: Facebook

Nog ’n jong man, Martin Wiid (27) van Bloemfontein, is verlede week met ’n skietword buite ’n kuierplek in Bloemfontein aangetref.

Wiid en sy pa, Willie, het Woensdag (10/7) ná ’n geselligheid op hul plaas, 100 km buite Bloemfontein, besluit om ’n drankie in die stad te gaan drink. Wiid is omstreeks 23:00 met ’n skietwond in sy kop gevind. Hy het homself vermoedelik met Willie se vuurwapen, wat in die bakkie was, geskiet.

Intussen het die polisie Dinsdag (23/7) aan OFM Nuus bevestig dat ’n saak van nalatigheid ondersoek word. Martin is Dinsdagoggend (23/7) ter ruste gelê.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.