On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Joshlin Smith: Verhoor sal in hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word

───   10:33 Mon, 15 Jul 2024

Joshlin Smith: Verhoor sal in hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word | News Article
’n Hoogswanger Kelly Smith, Joshlin se ma, is een van die beskuldigdes. Foto: Arthur Pose/heartfm

“Die staat het in Mei onthul dat hy selfoondata ontvang het en dit sal ontleed.”

Die tydperk wat daar vir antwoorde rondom klein Joshlin Smith gewag is – wat nou al byna vyf maande vermis word – is verleng omdat die verhoor vir die Saldanhabaai-meisie se saak weer uitgestel is. Dit sal nou in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word, berig Arthur Pose van heartfm.

Joshlin was in gr. 1 aan die Laerskool Diazville en het op 19 Februarie vanjaar op ‘n geheimsinnige wyse uit die Middelpos- informele nedersetting verdwyn.

Sedertdien is ’n uitgebreide soektog – wat met Interpol se hulp so ver as Brittanje gestrek het – van stapel gestuur om die meisie met die treffende groen oë op te spoor. 'n Panamese skip is in Wallis ondersoek nadat dit Saldanhabaai kort ná Joshlin se verdwyning verlaat het.

Joshlin se ma, Racquel “Kelly” Smith, haar kêrel Jacquen “Boeta” Appollis, en die egpaar se vriende Steveno van Rhyn en Lourentia “Renze” Lombaard is in Maart in hegtenis geneem en van mensehandel en ontvoering aangekla.

Daar was Maandag ’n swaar polisieteenwoordigheid buite die Vredenburg-landdroshof voor die verskyning van dié vier wat met haar verdwyning verbind word.

Daar was ’n swaar polisieteenwoordigheid buite die Vredenburg-landdroshof. Foto: Arthur Pose/heartfm

By die vorige hofverskyning in Mei het die staat onthul dat hy selfoondata ontvang het en dit sal ontleed. Inligting oor die aantal selfone en aan wie hulle behoort het, is weerhou.

Dit is onduidelik wanneer dié selfoonverslag aan die hof voorgelê sal word.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.