On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

South Africa

Talle geraak deur Kaapse stormweer

───   16:23 Thu, 11 Jul 2024

Talle geraak deur Kaapse stormweer | News Article
Storms het erge skade in Kaapstad aangerig. Foto: Jacaranda FM.

“Op hierdie stadium het ons 11 000 maaltye verskaf aan al die mense wat geraak word.”

Meer as 15 000 mense is deur die nat en stormagtige weer in Kaapstad geraak.

Die stad se hoofdirekteur van rampbestuur, Colin Deiner, het dié getal Woensdag onthul tydens ’n inligtingsessie oor die provinsie se reaksie op strawwe weerstoestande. Hy het gesê dit is moeilik om tred te hou met die getal mense wat ontwrig is.

“Ons werk saam met Sassa, sowel as die departement van maatskaplike ontwikkeling, om te verseker dat ons tred hou met die hoeveelheid mense wat ons voed. Op hierdie stadium het ons 11 000 maaltye verskaf aan al die mense wat geraak word.

“Ontruimings was meer in die omgewing van ongeveer 4 000, en ek het genoem dat dit baie moeilik is om tred te hou met die ontruimings omdat mense nie normaalweg ontruim na die skuilings wat aan hulle voorgestel word nie; sommige trek net na hul families of vriende in die omgewing.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik van oranje vlakke 6 en 8 vir ontwrigtende reën Donderdag in Kaapstad-, Witzenberg-, Swartland-, Drakenstein- en Stellenbosch-munisipaliteite, wat tot vloede en moontlike modderstortings sal lei.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.