On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

South Africa

Tuberkulose-medisyne nou 40% goedkoper

───   07:36 Mon, 08 Jul 2024

Tuberkulose-medisyne nou 40% goedkoper | News Article
Die prys wat hulle in Suid-Afrika vir bedaquiline vra, is met sowat 40% gesny. Foto: iStock

“Die regering sal die volumes kan aankoop wat nodig is om te verseker dat almal toegang het.”

Dokters Sonder Grense (MSF) en die Health Justice Initiative het ’n besluit van Johnson & Johnson verwelkom om sy sekondêre patente in Suid-Afrika op die lewensreddende TB-middel bedaquiline amptelik terug te trek.

MSF het dit beskryf as ’n belangrike stap in verbeterde toegang tot bekostigbare bedaquiline in die land, tot voordeel van duisende Suid-Afrikaners wat deur tuberkulose geraak is.

Die farmaseutiese maatskappy het die prys wat hulle in Suid-Afrika vir bedaquiline vra, met sowat 40% gesny.

Candice Sehoma van MSF sê dit is ’n massiewe oorwinning. “Dit beteken dat Suid-Afrika beter geposisioneer is om bedaquiline teen ’n baie meer bekostigbare prys te koop, wat hulle kan help om behandeling te verbeter en te verseker dat almal wat bedaquiline benodig toegang daartoe kan kry.


“Dit sal werklik help met die opgradering van behandeling, ook in landelike gebiede. Dit sal verseker dat daar wydverspreide toegang is, want dan sal die regering die volumes kan aankoop wat nodig is om te verseker dat almal toegang het.

“Ek dink nie dit sal ’n kwessie wees of jy in ’n landelike of stedelike gebied is nie, want die Suid-Afrikaanse regering het verpligtinge om toegang tot die behandeling van TB in die openbare gesondheidstelsel te verseker, so ongeag van waar jy is, jy moet toegang kan kry.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.