On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

Elfde vermeende dwelmmuil binne maande op OR Tambo aangekeer

───   15:59 Mon, 30 Sep 2024

Elfde vermeende dwelmmuil binne maande op OR Tambo aangekeer | News Article
Die afgelope maand is dwelmsmokkelaars weekliks op OR Tambo voorkeer. Foto verskaf

“Sy het reeds ’n aantal dwelmpakkies uit haar liggaam losgelaat en is in polisieaanhouding waar die polisie die vrystelling van verdere dwelmpakkies fyn dophou.”

’n Gesamentlike operasie tussen die polisie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se doeanebeamptes op die OR Tambo-lugahwe het gelei tot die inhegtenisneming van ’n Suid-Afrikaanse vrou (21) vir dwelmhandel.

Dit is die elfde dwelmmuil wat binne twee maande op dié internasionale lughawe in Kempton Park in hegtenis geneem word. Die dwelmmuil is aangekeer toe sy Sondagoggend net voor 09:00 op ’n vlug vanaf São Paulo, Brasilië, aangekom het.

’n Vermeende dwelmmuil is in hegtenis geneem. Foto verskaf

Sy is na ’n plaaslike hospitaal geneem waar ’n X-straal bevestig het dat sy vreemde voorwerpe in haar maag het. Sy het reeds ’n aantal dwelmpakkies uitgewerp en is in polisieaanhouding waar die polisie die voortgesette uitwerping van nog dwelmpakkies fyn dophou.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die waaksaamheid van polisielede op die lughawe geloof.

Die afgelope maand word dwelmsmokkelaars weekliks op OR Tambo aangekeer. Op Sondag 22 September is ’n Namibiese dwelmmuil (30) in hegtenis geneem nadat sy van São Paulo aangekom het.

Sy is ook vir ’n mediese ondersoek geneem en het meer as 60 dwelmpakkies vrygestel. Sy het reeds in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

‘Kokaïen is gevind wat in vliegtuigoorfone versteek was’

Op Vrydag 13 September is ’n Nigeriese dwelmmuil in hegtenis geneem nadat hy in besit van kokaïen betrap is wat in vliegtuigoorfone versteek was. Hy het ook pas uit São Paulo geland.

Hy het reeds voor die Kempton Parkse landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.