On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Polisie soek vakansie-swendelaar wat reisigers glo uit fortuin bedrieg

───   ZENANDE MPAME 13:51 Tue, 19 Dec 2023

Polisie soek vakansie-swendelaar wat reisigers glo uit fortuin bedrieg | News Article
Die vakansie-swendelaar Francois Swart. Foto verskaf

“Die polisie vra die publiek moet help om ’n vermeende vakansie-swendelaar op te spoor wat daarvan beskuldig word dat hy reismaatskappye uit miljoene rande bedrieg het.”

Die polisie in Limpopo het ’n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van die besturende direkteur van die reisagentskap Priority Escapes.

Francois Swart (39) het na bewering talle voornemende vakansiegangers uit honderdduisende rande bedrieg. Sy agentskap word daarvan beskuldig dat hy ’n egpaar van Modimolle in Augustus uit nagenoeg R130 000 bedrieg het.

Die man en vrou beweer dat hulle geld vir ’n vakansie aan die reisagentskap oorbetaal het. Swart het daarna dokumentasie aan hulle gestuur wat hul vlug- en verblyfbesonderhede bevestig het, maar die dokumente was nagemaak.

Francois Swart, besturende direkteur van die reisagentskap Priority Escapes. Foto: priorityescapes.com

“Die polisie doen ’n beroep op enigeen wat weet waar Swart hom bevind om die besonderhede aan die polisie te verskaf,” sê Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder in Limpopo.

The Citizen berig Swart het vanjaar opslae gemaak toe hy kliënte meegedeel het dat sy onderneming nie kan bekostig om sy skuld te betaal nie. Kliënte moes dus met Jan Tuisbly se karretjie ry nadat hulle vir hul toere betaal het. Hy het geweier om uit te wei oor of die kliënte ’n terugbetaling sou kon verwag.

Sy agentskap in Fourways, Johannesburg, het sy webtuiste en sosialemediaplatforms verwyder.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.