On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

South Africa

Nog ’n vrou in Bloemfontein word vermis

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:44 Thu, 14 Dec 2023

Nog ’n vrou in Bloemfontein word vermis  | News Article
Missing Sibongile Ngwana, Photo: Supplied

“Sy het haar huis op Sondag (26/11) verlaat om inkopies te gaan doen en nooit teruggekeer nie.”

Die Vrystaatse polisie is op soek na nog ’n vrou wat weke gelede in Bloemfontein as vermis aangemeld is.

Sibongile Portia Ngwana is Dinsdag 28 November deur haar familie as vermis aangemeld, sê Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder. Sy het haar huis twee dae vantevore verlaat om inkopies te doen en nooit teruggekeer nie.

Sy was geklee in ’n blou denim, wit T-hemp en swart skoene. Enigeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte Nkosinathi Mafotha by 082 527 7375 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

Sibongile Ngwana word sedert 28 November vermis. Foto verskaf

Kommers heer oor die getal vroue en meisies wat in die Vrystaat ontvoer word. Lesego Mamello Motaung (22) word sedert 30 Oktober vermis. Haar tante het haar by die Parkweg-polisiestasie as vermis aangemeld. Lerato Masiu (23) is steeds vermis nadat haar ma haar laas op 16 November gesien het.

Machaka Radebe (16) is onlangs begrawe nadat ’n verbyganger haar liggaam ontdek het, twee dae nadat sy die vorige naweek (2/12) as vermis aangemeld is.

OFM News/Kekeletso Mosebetsi  dg/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.