On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

Verdagte in hof ná biokinetikus se ontvoering

───   17:48 Thu, 23 Mar 2023

Verdagte in hof ná biokinetikus se ontvoering | News Article
Riana Pretorius.

’n Man wat moontlik met die ontvoering van ’n biokinetikus van Gqeberha verbind kan word, het Maandag sy eerste hofverskyning gemaak.

Hy sal  na verwagting Vrydag aansoek doen om borgtog, berig Netwerk24. 

Die 30-jarige Riana Pretorius is ’n week gelede buite haar werkplek ontvoer. Hoewel twee verdagtes reeds in verband met haar verdwyning in hegtenis geneem is, word sy steeds vermis. 

Die polisie weier om enige verdere inligting in verband met die ondersoek bekend te maak, berig Maroela Media.

LEES OOK: Twee vas ná biokinetikus van Gqeberha se ontvoering

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, het vroeër die week gesê sy kan geen verdere inligting oor die saak deel nie aangesien die ondersoekspan “vir Pretorius se lewe vrees”.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê ’n verdagte het Maandag in die Baaise landdroshof verskyn.

Die 40-jarige Xolisile Rawutini staan voorlopig tereg op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hy word nie van Pretorius se ontvoering aangekla nie.

Die tweede verdagte het luidens berigte steeds nie in die hof verskyn nie.

Facebook-gebruikers deel nog daagliks gebede vir Pretorius se veilige vrylating.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.