On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

Meer as 7 000 motoriste vasgetrek tydens feesseisoen

───   11:00 Sun, 05 Jan 2025

Meer as 7 000 motoriste vasgetrek tydens feesseisoen | News Article
Derduisende motoriste is die afgelope feesseisoen aangekeer. Foto: Facebook

Meer as 7 000 motoriste is oor die feesseisoen op die land se paaie aangekeer weens dronkbestuur, spoed- en ander oortredings.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) sê die hoogste bloedalkoholvlak van 2,47 mg/1000 ml is twee dae ná Kersfees in die Oos-Kaap aangeteken.

In Limpopo is ’n spoedvraat gevang wat 209 km/h in ’n 120 km/h-sone gejaag het.

Die RTMC sê beamptes het sedert Nuwejaarsdag meer as ’n miljoen voertuie voorgekeer en nagegaan. Altesaam 408 783 motoriste is weens verskeie oortredings beboet, insluitend poging tot omkopery.


Intussen het die N3-tolkonsessie swaar verkeersvolumes tussen Gauteng en KwaZulu-Natal aangeteken aangesien vakansiegangers begin huiswaarts keer.

Thania Dhoogra, woordvoerder, sê 1800 voertuie is die naweek per uur aangeteken van mense wat KZN verlaat. Sy sê ongeveer 1200 voertuie het Vrydag per uur suidwaarts gery. 

“Padgebruikers word daaraan herinner om asseblief geduldig en waaksaam te bly terwyl hulle agter die stuurwiel is. Hoë verkeersvolumes sal waarskynlik opeenhopings en vertragings langs die pad tot gevolg hê,” het Dhoogra gesê.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.