On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Snotkop maak ’n fliek – VIDEO’S

───   SUZANNE VENTER 08:39 Thu, 09 Mar 2023

Snotkop maak ’n fliek – VIDEO’S | News Article

Hy is dalk nie so cool soos Koos Kombuis nie, maar die rapper Snotkop is nou ook ’n filmster.

Die première van Skrik vir niks (Die Snotkop Movie) was Woensdagaand in die NuMetro-teater in Menlyn Park, Pretoria. Dié dokumentêre film, vir alle ouderdomme, handel oor die suksesverhaal van die sanger Snotkop. Dit bied kykers ’n blik op Francois Henning (50), eens 'n dropout op skool en die minder bekende man agter die bekend naam, nou ’n rap-fenomeen.


Snotkop sê sy hele hart en siel is in die fliek, waaraan hy vier jaar lank gewerk het. Dis meer as net ’n dokumentêre film oor hom en sy loopbaan. Die idee is veral om jong mense te inspireer en te motiveer om hulle drome na te jaag, ongeag hoe moeilik die omstandighede.


“Jy voel soms daar is nie hoop nie,” het hy by die première gesê. “Jy voel soms daar is nie geld nie of jou selfvertroue is nie wat dit moet wees nie, maar jy het die potensiaal om die wêreld te verander, no matter what. Die beste drome is wanneer jy wakker is.”


Your tribe creates your vibe” is sy lewensuitkyk, en hy gebruik sy fliek as platform om nie net te kyk na sy eie inspirerende storie nie, maar ook dié van ander soos die Paralimpiese rekordhouer Louzanne Coetzee en die sangers Early B en Refentse, om maar ’n paar te noem.

Die fliek word op 26 Maart aanlyn uitgereik. Kaartjies is reeds te koop by iTickets.co.za. ’n Skakel sal aan voornemende kykers gestuur word om dan die fliek te kyk enige tyd nadat dit uitgereik is.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.