On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Nuwe gevalle van a-pokke in Gauteng aangemeld

───   09:47 Thu, 20 Mar 2025

Nuwe gevalle van a-pokke in Gauteng aangemeld | News Article
Die uitbreking verlede jaar het ’n hoë sterftesyfer van 28,6% gehad. Foto: bhekisisa.org

Die gesondheidsdepartement vra Suid-Afrikaners moet waaksaam wees nadat drie nuwe gevalle van a-pokke op Gauteng se Oos-Rand aangemeld is.

Die pasiënte sluit ’n man (38), ’n seun (14) en ’n vrou (33) in. 

Hulle het nie een onlangs na endemiese streke gereis nie. Die seun en vrou is kontakte van die man. 

Foster Mohale, die gesondheidswoordvoerder, sê die getal positiewe gevalle het sedert die uitbreking in Mei 2024 tot 31 gevalle toegeneem. “Die getal sluit ses gevalle in wat sedert die begin van vanjaar aangeteken is. Die pasiënte sonder hulleself af en kry toepaslike kliniese behandeling van gesondheidsorgwerkers.

“Die departement het ná die uitbreking reaksiespanne in die provinsie geaktiveer om kontakte op te spoor en die gebiede te ondersoek wat geraak word.”

Al drie nuwe pasiënte het ook positief getoets vir die herpes simplex-virus, ’n algemene virus wat pynlike blase veroorsaak en hoofsaaklik deur vel-tot-vel-kontak versprei word. Dis behandelbaar maar nie geneesbaar nie, en die simptome, insluitend uitslag, koors, hoofpyn en geswelde kliere, is oor die algemeen lig en kan twee tot vier weke duur.

A-pokke is ’n virussiekte endemies aan Midde- en Wes-Afrika. Suid-Afrika se eerste geval, ’n 30-jarige van Gauteng, is in Junie 2022 aangemeld. Teen middel Augustus daardie jaar is vier gevalle bevestig. 

Tydens ’n oplewing in Mei verlede jaar is 20 gevalle aangemeld en drie sterftes teen Julie. Veral jong mans in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap loop gevaar.

Die uitbreking verlede jaar het ’n hoë sterftesyfer van 28,6% gehad. Nadat die WGO (Wêreldgesondheidsorganisasie) drie jaar gelede ’n openbare gesondheidskrisis afgekondig het, hou plaaslike gesondheidsbeamptes die oordrag van a-pokke binnelands sowel as buitelands fyn dop en tree ooreenkomstig op.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.