South Africa
Singende polisieman Thapelo Molomo wen Idols 18─── 05:21 Mon, 14 Nov 2022
Die wenner van die 18de seisoen van Idols SA is Sondag tydens 'n regstreekse uitsending bekend gemaak.
Nozi Sibiya en Thapelo Molomo was ná weke van strawwe kompetisie terug op die verhoog by die Heartfelt Arena in Pretoria.
Molomo, ’n adjudant-offisier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, is as die wenner aangewys.
News24 berig dat die 29-jarige polisieman op sy knieë gegaan en gebid het toe sy naam bekend gemaak is, waarna hy sy debuut-solosnit, Phanda, opgevoer het.
#sapsHQ #SAPS management congratulates Warrant Officer Thapelo Molomo for being crowned the @IdolsSA Season 18 winner. Minister of Police, General Bheki Cele, who attended the finale, has on behalf of the SAPS, congratulated the newly crowned winner. MEhttps://t.co/g8md95HRsb pic.twitter.com/PFKreNLj7e
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) November 13, 2022
Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het die eindronde bygewoon.
The biggest of THANK YOUs from our 2022 #IdolsSA winner, Thapelo! ?? pic.twitter.com/HU56BdWOK1
— Idols South Africa (@IdolsSA) November 13, 2022
Buiten die titel, het Molomo ook net meer as R1 miljoen se kontant ontvang (R350 000 in 'n Standard Bank MyMo-rekening, R300 000 van Spotify en R350 000 van Mzansi Magic); toegang tot 'n Standard Bank-welvaartbestuurder; 'n Toyota Starlet; 'n modebewys van Truworths, die uitrustings wat hy tydens sy vertonings gedra het - alles ter waarde van R100 000; R85 000 se musiektoerusting van Yamaha; en 'n opnamekontrak met Kalawa Jazmee Records.