On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Press Office

From retail to radio

───   10:41 Fri, 22 Mar 2024

From retail to radio | News Article

Michael Ndabandaba can be forgiven for thinking his life hit the fast-forward button last year.

He won the OFM O-dition presenter search in March 2023 and went from working as a frozen foods packer in Klerksdorp to moving to Bloemfontein and starting a new career as a production assistant and voiceover artist at OFM.

According to Michael, his life has definitely improved since he won the presenter search. “I didn’t think I would win! I was just looking for an opportunity. The O-dition has changed everything. It has put me in a position to look after the people in my life. I have learnt a lot by being mentored by others and being surrounded by creative people at OFM. It is eye-opening to see what goes on behind the scenes at a radio station. I’ve also had the opportunity to apply the knowledge I already gained from my hobby, which is music production. I would say working at OFM has sharpened all my skills.”

Michael not only started a new job and moved to a new city in 2023, but he also got engaged and became the proud father to a little girl. “It felt like everything was falling into place. Moving to Bloemfontein has felt like starting a new chapter in my life journey.”

OFM programming manager, Tim Thabethe, says: “Before January 2023, Michael had no committed thought toward a radio career. One year later, Michael is one of the voices that you will hear on OFM and one of the cogs in the wheel that turns OFM, the Sound of Your Life. It is always good to see a person live out their passion and we are proud to have enabled this for him.”    

OFM embarked on the O-ditions not only to find someone to mentor but also to change a life… and it ended up changing three lives. From this campaign came not only Michael but also Ashmund Martin and Anny Bruyns, both of whom are now presenters at OFM.

For more info, contact marketing@ofm.co.za.

ENDS


Van kleinhandel tot radio

Michael Ndabandaba kan daarvoor vergewe word dat hy verlede jaar gedink het sy lewe het die “fast-forward”-knoppie gedruk. Hy het in Maart 2023 die OFM O-disie aanbiedersoektog gewen en het as ’n bevrorekosverpakker in Klerksdorp, na Bloemfontein verhuis en ’n nuwe loopbaan as ’n produksie-assistent en stemkunstenaar by OFM begin.

Volgens Michael het sy lewe beslis verbeter sedert hy die aanbiedersoektog gewen het. “Ek het nie gedink ek sou wen nie! Ek het net ’n geleentheid gesoek. Die O-disie het alles verander. Dit het my in ’n posisie geplaas om na die mense in my lewe om te sien. Ek het baie geleer van mentors en kreatiewe mense wat my by OFM omring het. Dit is ’n belewenis om te sien wat agter die skerms by ’n radiostasie aangaan. Ek het ook die geleentheid gehad om die kennis wat ek reeds danksy my stokperdjie opgedoen het – wat musiekproduksie is – toe te pas. Ek sou sê om by OFM te werk het al my vaardighede opgeskerp.”

Michael het nie net ’n nuwe werk begin en in 2023 na ’n nuwe stad verhuis nie, hy het ook verloof geraak en die trotse pa van ’n dogtertjie geword. “Dit het gevoel asof alles in plek val. Om na Bloemfontein te verhuis het gevoel soos om ’n nuwe hoofstuk in my lewensreis te begin.”

OFM-programbestuurder, Tim Thabethe, sê: “Voor Januarie 2023 het Michael nie aan ’n radioloopbaan gedink nie. ’n Jaar later is Michael een van die stemme wat jy op OFM gaan hoor en een van die ratte in die wiel wat OFM, die Klank van Jou Lewe, laat draai. Dit is altyd goed om te sien hoe iemand sy passie uitleef en ons is trots daarop om dit vir hom moontlik te kan maak.”

OFM het die O-disie aangepak nie net om iemand te vind om te mentor nie, maar ook om ’n lewe te verander ... en dit het uiteindelik drie lewens verander. Hierdie veldtog het nie net vir Michael opgelewer nie, maar ook Ashmund Martin en Anny Bruyns, wat nou albei aanbieders by OFM is.

Vir meer inligting, kontak marketing@ofm.co.za.

EINDIG


Why OFM

OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrates 38 years in the broadcasting industry this year. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.


Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie vier vanjaar reeds 38 jaar in die uitsaaiwese. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ’n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ’n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het ’n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ’n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, asook as ’n toegewyde sakeprogram.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ’n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die waarlike goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.