On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Oscar
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with James
Listen Live Streams

Press Office

OFM receives Radio Award for best Community Project

───   22:16 Sat, 30 Nov 2024

OFM receives Radio Award for best Community Project  | News Article

OFM, the Sound of Your Life’s 2023 Winter Drive campaign has been awarded the best Community Project in the Commercial Radio category at the Telkom Radio Awards.

Central South Africa’s leading commercial radio station was nominated in the Community Project and Promotions/Stunt categories. The winners were announced at the prestigious awards ceremony in Johannesburg on 30 November 2024.

The Telkom Radio Awards honour and recognise exceptional and innovative excellence in the South African radio industry. OFM’s dedication to not only excellence in the craft, but also our loyal listeners was demonstrated in the entries.

In the Community Project category OFM’s PinkTober and Winter Drive campaigns were selected finalists. The latter invited listeners, clients, and stakeholders to come and play their part for charity during the popular Shoprite Checkers OFM Chip 4 Charity golf days and Boeries 4 Blankets fundraiser, which collected R500 000, through an aligned winter drive to change lives.

In the Promotions/Stunt category, one of the broadcasting highlights of 2024 saw The Good Morning Breakfast broadcast from three different locations in the Free State, Northern Cape and North West simultaneously to celebrate the start of the new school year with the OFM Cool Schools show.

"This award crowns the massive effort that everyone in Central South Africa put into making the OFM Winter Drive a huge success," says Tim Thabethe, OFM Programme Manager.

“We dedicate this award to our listeners, who not only supported us with these campaigns but also share our passion to change people’s lives. Thank you Central South Africa!” says OFM Sales and Marketing Manager Anchen Lintvelt.

According to OFM Brand Manager, Bianca Smit, this is a proud moment for the team and shines a light on hard work and true passion for radio. “This award inspires a renewed commitment to keep pushing for even more creative innovations for our valued listeners.”

OFM Content Manager, Elzette Boucher-Krüger, says OFM’s listeners truly take ownership of campaigns. “They show up time and again to support one another. It is truly amazing to see how this community rallies around the ‘citizenship’ we created for them as ‘Central South Africans’.”

“It is rewarding to be recognised by the industry for the work this wonderful radio station does in Central South Africa. OFM will continue to innovate and push the boundaries of creativity and community involvement,” says Central Media Group CEO, Nick Efstathiou.

For more information contact marketing@ofm.co.za.

ENDS


OFM ontvang toekenning vir beste gemeenskapsprojek

OFM, die klank van jou lewe se Winter Drive-veldtog het ’n gesogte Telkom Radio-toekenning vir die beste gemeenskapsprojek in die kommersiële kategorie ontvang.

Sentraal-Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasie is genomineer in die kategorieë Gemeenskapsprojek en Promosies/Stunt. Die wenners is op 30 November 2024 tydens die gesogte prysuitdeling in Johannesburg aangekondig.

Die Telkom Radio-toekennings vereer en erken uitsonderlike en innoverende uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse radiobedryf. OFM se toewyding aan, nie net uitnemendheid in die kuns van uitsaai nie, maar ook aan ons lojale luisteraars is in die inskrywings gedemonstreer.

In die Gemeenskapsprojek-kategorie is OFM se PinkTober- en Winter Drive-veldtogte as finaliste gekies. Laasgenoemde het behels dat luisteraars, kliënte en belanghebbendes saamspan om hul rol vir liefdadigheid te speel tydens die gewilde Shoprite Checkers OFM Chip 4 Charity-gholfdae en Boeries 4 Blankets-fondsinsameling, wat R500 000 ingesamel het om lewens te verander.

In die Promotions/Stunt-kategorie het een van die uitsaaihoogtepunte van 2024 gesien dat die Good Morning Breakfast gelyktydig vanaf drie verskillende plekke in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes uitgesaai het om die begin van die nuwe skooljaar te vier met die OFM Cool Schools-program.

“Hierdie toekenning span die kroon op ’n massiewe poging deur almal in Sentraal-Suid-Afrika om van die OFM Winter Drive ’n reuse sukses te maak,” sê Tim Thabethe, OFM-programbestuurder.

“Ons dra hierdie toekenning op aan ons luisteraars, wat ons nie net met hierdie veldtogte ondersteun het nie, maar ook ons passie deel om mense se lewens te verander. Dankie Sentraal Suid-Afrika!” sê OFM Verkoops- en Bemarkingsbestuurder Anchen Lintvelt.

Volgens OFM Handelsmerkbestuurder, Bianca Smit, is dit ’n trotse oomblik vir die span en werp die kollig op harde werk en ware passie vir radio. “Hierdie toekenning inspireer ’n hernieude verbintenis om aan te hou met selfs meer kreatiewe innovasies vir ons gewaardeerde luisteraars.”

OFM-inhoudbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, sê OFM se luisteraars neem werklik eienaarskap van veldtogte. “Hulle is keer op keer op daar om mekaar te ondersteun. Dit is werklik verstommend om te sien hoe hierdie gemeenskap saamtrek rondom die ‘burgerskap’ wat ons vir hulle as ‘Sentraal-Suid-Afrikaners’ geskep het.”

“Dit is lonend om deur die bedryf erken te word vir die werk wat hierdie wonderlike radiostasie in Sentraal-Suid-Afrika doen. OFM sal voortgaan om te innoveer en die grense van kreatiwiteit en gemeenskapsbetrokkenheid te verskuif,” sê Central Media Group se uitvoerende hoof, Nick Efstathiou.

Vir meer inligting kontak marketing@ofm.co.za.

EINDIG


Why OFM

OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrates 38 years in the broadcasting industry this year. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.


Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie vier vanjaar reeds 38 jaar in die uitsaaiwese. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ’n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ’n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het ’n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ’n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, asook as ’n toegewyde sakeprogram.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is ’n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die waarlike goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.