On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Hierdie handelsname het generiese woorde geword

───   15:22 Thu, 06 Mar 2025

Weird Wide Web – Hierdie handelsname het generiese woorde geword | News Article
’n Paar bekende handelsmerke. Foto: X

Hierdie handelsmerke het so gewild geword dat mense ’n spesifieke produk beskryf, deur daardie handelsmerk, dis hoe jy weet die handelsmerk is suksesvol.

As ’n Brit vir jou sê hulle wil ’n nuwe hoover koop, bedoel hulle eintlik ’n stofsuier. 

Hoover is die naam van ’n maatskappy wat stofsuiers vervaardig, maar die handelsnaam is so gewild dat dit amper altyd gebruik word om na enige stofsuier in die VK en ander lande te verwys. En hoover is nie die enigste voorbeeld van ’n handelsnaam wat die generiese term vir ’n produk vervang het nie.

As jy ’n nota vir iemand moet los, kan jy dit dalk op ’n post-it skryf – ’n klein vierkantige papiertjie wat aan ’n muur of skerm kan vassit. Eintlike Post-its word deur die maatskappy 3M vervaardig, maar mense gebruik die naam vir enige soort taai nota-papier.

“Inline skates” is die generiese term vir skoene met ’n ry wiele aan die onderkant, maar in baie plekke noem mense dit eenvoudig rollerblades. Die maatskappy Rollerblade was lank die enigste vervaardiger van hierdie tipe skaatse en daarom het skaatsers begin om die handelsnaam te gebruik om na beide die produk en die aktiwiteit te verwys.

Jet Ski’s word deur die Japannese maatskappy Kawasaki gemaak. Tog word die naam dikwels gebruik vir ander soortgelyke water voertuie, waarvoor die generiese term eintlik “persoonlike watervaartuig” is.

’n Generiese produknaam wat jy waarskynlik selde in Engelssprekende lande sal hoor, is “hook-and-loop fasteners” – beter bekend as velcro.

In 2017 het Velcro selfs ’n tong-in-die-kies-video gemaak waarin hulle mense vra om op te hou om hul handelsnaam te gebruik vir ander maatskappye se hegstukke.

Voorbeelde van handelsnaamverbleking in Suid-Afrika:

  • cutex vir enige soort naellak;
  • petrol vir enige brandstof;
  • lip ice vir enige lipsalf;
  • pacer vir enige drukpotlood; en
  • tippex (vir enige middel om foute te korrigeer).

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.