On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Japan se uiterste wegkruipertjie in sneeu

───   15:40 Wed, 19 Feb 2025

Weird Wide Web – Japan se uiterste wegkruipertjie in sneeu | News Article

Wegkruipertjie is ’n speletjie wat amper almal as kinders speel. Een persoon tel, terwyl die ander die perfekte wegkruipplek soek en hoop om so lank as moontlik versteek te bly. Maar vir sommige mense is wegkruipertjie nie net kinderspeletjies nie.

Die Wegkruipertjie-Wêreldkampioenskap is vir agt jaar vanaf 2010 gehou, met die laaste een in 2017. Alhoewel die Wêreldkampioenskap nie meer plaasvind nie, hou die Japanse Wegkruipertjie-vereniging steeds groot geleenthede regoor die land.

Hierdie keer is die organiseerders op soek na 100 mense om as “wegkruipers” deel te neem aan ’n speletjie wat aan die einde van Februarie plaasvind.

Die speletjie sal gehou word in die sneeu-bedekte dorpie Shakotan in Hokkaido. Soos die res van Hokkaido is Shakotan baie koud in Februarie, met gemiddelde temperature so laag as minus 10 grade Celsius.

Om veiligheidsredes sal die “soekers” bestaan uit lede van Japan se Wegkruipertjie-Wêreldkampioenskapspan, navorsers wat in Antarktika gewerk het, en veldwagters van die Japanse Selfverdedigingsmagte.

Maar enigeen kan ’n “wegkruiper” wees – die speletjie is oop vir almal ouer as 6 jaar, en verlede jaar was die oudste deelnemer 60 jaar oud!

Sho Takayama, hoof van die Japanse Wegkruipertjie-vereniging, glo dat wegkruipertjie nie net vir kinders is nie.

Benewens die feit dat dit ’n prettige manier is om oefening te kry, sê Takayama dat dit ook goed is vir jou geestesgesondheid.

“Om buite te speel, gee jou ’n gevoel van vryheid,” het hy op die vereniging se webwerf geskryf. “Dit maak dit ’n wonderlike aktiwiteit vir besige, moeë volwassenes wat ’n blaaskans nodig het.”

Lees meer cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.