On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man kry groot verrassing ná sy kredietkaart gesteel is

───   15:09 Wed, 26 Feb 2025

Weird Wide Web –  Man kry groot verrassing ná sy kredietkaart gesteel is | News Article

’n Fransman het ’n vreemde ding oorgekom toe diewe sy kredietkaart gesteel en daarmee die boerpot van €500,000 gewen het.

Die man net bekend as Jean-David van Toulouse se rugsak en kredietkaarte is op 3 Februarie uit sy motor gesteel. Voordat hy sy bank kon inlig oor die gesteelde kredietkaarte het iemand ’n loterykaartjie van €52,50 by ’n geriefswinkel gekoop.

Die winkeleienaar vertel die twee mans wat die kredietkaart gebruik het, is vermoedelik haweloos. Die kassier het onraad vermoed toe hulle nie die PIN vir een van die kredietkaarte geweet het nie.

Lees ook: Weird Wide Web – ‘Sy ewige rit’

Pierre Debuisson, Jean-David se prokureur, het aan die BBC gesê sy kliënt is bereid om die boerpot met hulle te deel.  

Die nasionale loteryoperateur, Française des Jeux (FDJ), het reeds die prys geblokkeer nadat hy sy kredietkaart as gesteel aangemeld het. Enige poging om die geld sonder die eienaar van die kredietkaart op te eis, sal waarskynlik tot inhegtenisneming lei.

“My kliënt sien dit as ’n geleentheid vir die twee mans om vir hulself ’n nuwe lewe te skep en sal nie enige stappe teen hulle neem nie.”

“Sonder my sou hulle nie gewen het nie, maar sonder hulle sou ek nie daardie kaartjie gekoop het nie. Ek wil hulle die kans gee om die wenbedrag met my te deel,” sê Jean-David

Lees ook: Vereniging vir Blindes in Vrystaat afhanklik van gemeenskap vir voortbestaan

In Frankryk het loterywenners 30 dae om hul prysgeld op te eis. Jean-David sal graag sy helfte van die geld wil gebruik om sy huislening af te betaal. 

Lees meer 

OFM dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.