On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Die slim tandeborsel

───   15:17 Thu, 06 Feb 2025

Weird Wide Web – Die slim tandeborsel | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Die span agter die u-vormige Autobrush-mondstuk beweer dat dit in slegs 30 sekondes van plaak ontslae kan raak en tande deeglik kan skoonmaak, danksy 18 000 hare wat teen 250 hale per tand roteer.

Die Autobrush gebruik ’n skandeerder wat mense ook op hoogte hou van hul mondgesondheid deur verslae oor gaatjies, tandvleissiekte en tekens van mondkanker via ’n toepassing te verskaf. 

Die skepper en mondchirurg, Dr. Kenny Brown, sê: “Dit vervang nie die tandarts nie, maar dit kan ’n aanduiding gee wanneer jy dalk ’n besoek moet bring.

“Die skandeerder in die mondstuk kan enigiets opspoor, van inflammasie tot abnormale tongpatrone, so hopelik kan dit help om ernstige probleme vroeër op te spoor en te laat behandel.”

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.