On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Die wêreld se mees afgeleë bewoonde eiland

───   15:14 Thu, 30 Jan 2025

Weird Wide Web – Die wêreld se mees afgeleë bewoonde eiland | News Article
Foto: Google Earth

In die middel van die suidelike Atlantiese Oseaan, sowat 2 800 kilometer wes van Kaapstad, Suid-Afrika, lê ’n plek wat as die mees afgeleë nedersetting ter wêreld beskou word.

Tristan da Cunha, ’n groep vulkaniese eilande, is ’n Britse gebied. Alhoewel dit in 1506 deur die Portugese ontdek is, het die eilande eers in 1816 inwoners gekry toe die Britte dit in besit geneem het.

Vandag woon sowat 250 mense in die enigste nedersetting op die eilande, Edinburgh of the Seven Seas, geleë aan die noordkus van die hoofeiland. Boerdery en visvang is die hoofbedrywe, wat die gemeenskap in staat stel om selfonderhoudend te wees.

Tristan da Cunha is nie soos enige ander plek wat jy mag besoek nie. Daar is geen lughawens, hotelle, restaurante of klubs nie, en die see is nie veilig om in te swem nie. Daar is ’n supermark, maar produkte moet maande vooruit bestel word.

Dit is ook nogal moeilik om daar te kom. Volgens die amptelike webwerf is daar drie skepe wat elke jaar nege retoere vanaf Kaapstad maak, en die gemiddelde reis neem ses dae. Terwyl inwoners afslag op kaartjies kry, kos ’n retoerkaartjie vir toeriste tussen $550 en $1 000.

Die eilande is ook die tuiste van 85% van die wêreld se noordelike geelkuifpikkewyn.

Miskien is die beste ding van die hoofeiland die rustigheid wat dit bied, maar daar is ook ’n paar aktiwiteite om te geniet. Jy kan die 2 062 meter hoë vulkaantop saam met ’n plaaslike gids uitklim, ’n drankie geniet in die enigste kroeg of ’n potjie gholf speel op wat Lonely Planet beskryf word as “waarskynlik die ruuste gholfbaan wat jy ooit sal sien.”

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.