Offbeat
Feel Good Friday – Hond ná dae gered uit stormwaterdrein─── 15:13 Fri, 17 Jan 2025
Nie alle helde spog met Superman-kostuums nie, maar elke hondeliefhebber sal saamstem hierdie span verdien om as helde vereer te word.
Baie reën het die afgelope paar weke in Suid-Afrika geval. Hoewel dit baie welkom is, het dit tot ontwrigting en probleme gelei.
Op goodthingsguy.com word berig ES Security in Weltevredenpark, Johannesburg, het ’n hond uit ’n stormwaterdrein gered. Die reddingsoperasie het hul verbintenis tot veiligheid beklemtoon wat verder strek as om net mense te beskerm.
Hulle het die hond opgemerk in die drein van sowat 1,4 m diep. Met die hulp van gevorderde tegnologie en toewyding het hulle die presiese ligging van die hond bepaal en hul span uitgestuur om hom te help. Die hond is met sy gesin herenig wat hom vir dae lank gesoek het.
EC Security het die hartroerende oomblik op sosiale media geplaas. Mense het die maatskappy geloof vir sy medemenslikheid. “Hulle gee om vir alle lewe – maak nie saak hoe groot die uitdaging is nie.”
Lees ook: Lucy blink uit op verhoog, maar nog meer in lewenswetenskappe
“Wow, goed gedoen EC, trots om ’n kliënt te wees!” Oomblikke soos hierdie herinner ons aan die ongelooflike invloed wat sorg, toewyding en tegnologie kan hê wanneer dit gekombineer word met ’n opregte begeerte om te help – of dit nou is om ’n woonbuurt te beskerm of ’n viervoetige vriend te red.
Welgedaan en dankie, EC Security!
Lees meer dg